Voorwaarts mars vir Harris

Lloyd Harris. Foto: Christine Poujoulat/AFP.

Suid-Afrika se Lloyd Harris het ’n riller van vyf stelle gewen om vir die derde ronde van die Australiese Ope te kwalifiseer.

Die jong ster het Australië se Alexei Popyrin met 6-2, 1-6, 6-3, 6-7 en 6-3 geklop in ’n wedstryd wat drie uur geduur het.

In die proses het Harris 25 kishoue afgevuur, terwyl hy ook die patriotiese tuisskare ’n ding of twee gewys het.

Hy sal nou Saterdag in die derde ronde van die toernooi teen óf Kroasië se Borna Coric óf die VSA se MacKenzie McDonald te staan kom.

Suid-Afrika se voorste manspeler – die 34-jarige Kevin Anderson – is vroeër die week deur Italië se Matteo Berrettini uitgeskakel.

Dan het die verdedigende vrouekampioen, Sofia Kenin, haar rieme teen Kaia Kanepi styfgeloop. Die eindtelling was 6-3 en 6-2 in die 35-jarige speler van Estland se guns.

  • Ander uitslae:

Ashleigh Barty klop Daria Gavrilova met 6-1 en 7-6

Serena Williams klop Nina Stojanovic met 6-3 en 6-0

Naomi Osaka klop Caroline Garcia met 6-2 en 6-3

Novak Djokovic klop Frances Tiafoe met 6-3, 6-7, 7-6 en 6-3

Alexander Zverev klop Maxime Cresse met 7-5, 6-4 en 6-3

Dominic Thiem klop Dominik Koepfer met 6-4, 6-0 en 6-2

Nick Kyrgios klop Ugo Humbert met 5-7, 6-4, 3-6, 7-6 en 6-4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.