Vreeslose Ostapenko se terugvegpoging te veel vir Halep

Simona Halep, links, wens Jelena Ostapenko geluk met haar oorwinning (Foto: AP Photo/David Vincent)

Die ongekeurde speler van Letland wat nog nooit ʼn titel op die tennistoer gewen het nie, Jelena Ostapenko, is die wenner van die 2017 Franse Ope-vrouetitel.

Ostapenko, wat Vrydag 20 geword het, het die derde gekeurde van Roemenië, Simona Halep, met 4-6, 6-4, 6-3 geklop nadat sy ʼn stel en 0-3 in die wedstryd agter was.

Ostapenko het vreesloos gespeel, 54 wenners geslaan en veel meer ongedwonge foute as Halep gemaak. Halep het goed gespeel, minder foute gemaak, maar het geen verweer teen die volgehoue krag en aggressie van Ostapenko gehad nie.

Ostapenko het in 2016 in die eerste ronde van dié toernooi uitgeval terwyl Halep in 2014 wel tot die laaste ronde deurgedring het.

Halep se teleurstelling in die uitslag van die wedstryd is verstaanbaar: dit sou haar eerste Grand Slam-titel gewees het en sy sou opskuif na die eerste posisie op die wêreldranglys.

Jelena Ostapenko het beslis met ʼn luide geskal haar plek in wêreldtennis ingeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Waghond ·

Hou Jelena dop – sy gaan nog ‘n paar Grand Slam titels wen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.