Al het Suid-Afrika se steratleet Donderdagaand vir ʼn historiese dubbelgoud gemik, moes hy tevrede wees met ʼn silwermedalje in die mans 200 m by die IAAF Wêreldkampioenskappe in Londen.
Dié 25-jarige wêreldrekordhouer was voor vir die eerste 80 m, maar Ramit Guliyev van Turkye het hom verbygesnel en met 20.09 sekondes gewen. Van Niekerk het die wedloop in 20.11 sekondes voltooi.
Van Niekerk het die eerste Suid-Afrikaner geword wat twee individuele medaljes by dieselfde wêreldkampioenskapsgeleentheid verower.
Intussen het Caster Semenya en Gena Lofstrand deurgedring na die 800 m-uitdunrondes.
Semenya het op haar gemak gelyk tydens dié uitdunrondes. Sy het ook geen tekens van moegheid getoon toe sy Maandag die bronsmedalje in die vroue 1 500 m verower het nie.
Knap gedaan Wayde! ‘n Verstommende ptestasie, gegewe al die uitdunne vir die 400m/200m wedlope in so ‘n kortbestek.
Well Done!! Julle maak my hart sommer weer van voor af warm klop vir SA!
Wel gedaan Wayde. So trots op jou.