Wayde mis dubbelgoud net-net

Argieffoto. Foto: @WaydeDreamer, Twitter

Al het Suid-Afrika se steratleet Donderdagaand vir ʼn historiese dubbelgoud gemik, moes hy tevrede wees met ʼn silwermedalje in die mans 200 m by die IAAF Wêreldkampioenskappe in Londen.

Dié 25-jarige wêreldrekordhouer was voor vir die eerste 80 m, maar Ramit Guliyev van Turkye het hom verbygesnel en met 20.09 sekondes gewen. Van Niekerk het die wedloop in 20.11 sekondes voltooi.

Van Niekerk het die eerste Suid-Afrikaner geword wat twee individuele medaljes by dieselfde wêreldkampioenskapsgeleentheid verower.

Intussen het Caster Semenya en Gena Lofstrand deurgedring na die 800 m-uitdunrondes.

Semenya het op haar gemak gelyk tydens dié uitdunrondes. Sy het ook geen tekens van moegheid getoon toe sy Maandag die bronsmedalje in die vroue 1 500 m verower het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Waghond ·

Knap gedaan Wayde! ‘n Verstommende ptestasie, gegewe al die uitdunne vir die 400m/200m wedlope in so ‘n kortbestek.

Louise ·

Well Done!! Julle maak my hart sommer weer van voor af warm klop vir SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.