Wees ʼn superheld met die Batman- virtuele padwedloop

Die Batman- virtuele padwedloop word op 11 Oktober 2020 aangebied en is gewis ʼn geleentheid wat hardlopers en stappers nie moet misloop nie. Skryf in en word deel van die nuwe superheld-kultuur. Hardloop of stap omdat jy daarvan hou, omdat dit pret is, omdat dit deel van iets groot is – en veral omdat dit ten bate van behoeftige kinders is.

Wie ken nie vir Batman nie?! Batman is een van die gewildste, interessantste én mees omstrede superhelde in DC se bekende Justice League. Die Batman- virtuele padwedloop is die vierde in die Justice League- virtuele padwedloop-reeks – wat al hoe meer opspraak maak en deelnemers lok. Wees deel van die opwinding!

Een van die redes waarom Batman so ’n gewilde superheld is, is omdat hy ’n gewone mens is, soos ek en jy, sonder enige werklike superkragte. Sodra hy egter sy Batman-pak aantrek, verander hy in die formidabele Donker Ridder wat vrees inboesem by enige misdadiger. Dit is egter nie net sy Batman-pak wat hom so ’n gedugte superheld maak nie, dit is veral sy ontembare wil, onstuitbare vasberadenheid, sy buitengewone vindingrykheid en ʼn morele kode waarvan hy onder geen omstandighede afwyk nie.

Batman gebruik tegnologies-gevorderde toerusting en kreatiewe oplossings om as ‘gewone’ man bykans enigiets te kan doen. Sonder werklike superkragte om hom te beskerm, stel hy homself in groter fisieke gevaar as superhelde soos Superman wat deur bykans niks beseer kan word nie. Hy is dus juis só ’n besonderse superheld omdat hy nie weens sy kwesbaarheid van enige gevaar of uitdaging wegskram nie. Dit maak nie saak hoe erg hy beseer word nie, hy staan weer op en kort voor lank veg hy verbete teen die volgende gedugte teenstander.

Batman bewys dat die term superheld nie net van toepassing is op helde met superkragte nie; dit is van toepassing op almal wat teen misdaad veg, lewens red en hulle medemens help. Dit beteken dat elkeen wat die wil het, ʼn superheld kan wees! Daarom nooi ons almal om ‘n superheld te wees deur aan die Batman- virtuele padwedloop deel te neem. Kom, wees saam met ons Batman vir een dag, ervaar die opwinding en die pret – en doen jou deel om ander te help.

Onthou, of jy nou deelneem om te presteer of net vir die pret loop of hardloop – jy help behoeftige mense. Om ander te help, is wat superhelde doen. Neem deel en verdien jou superheld-status. Suid-Afrika en die wêreld het nou mense nodig wat mekaar help. Skryf in en neem deel aan die Batman- virtuele padwedloop, dra jou superheld-T-hemp en wys dat jy ook bereid is om jou medeburgers te help.

Dink jou in: Op 4 Oktober 2020 gaan duisende mense reg oor die land hul Batman-T-hemde aantrek en stiptelik om 08:00, in elke klein dorpie en groot stad in Suid-Afrika, vanaf hulle voordeur begin hardloop. Jy gaan Batman oral sien, om elke hoek en draai en wanneer jy hardloop gaan jy oral mense sien wat net soos jy, stap en hardloop vir die pret. Jy gaan vir hulle waai en in jou hart gaan jy goed voel, want jy weet daar is baie mense wat omgee vir ander, wat ook fiks wil bly en ’n gesonde lewe lei en wat die moed en deursettingsvermoë het om saam te bou aan ’n splinternuwe toekoms.

Batman moes baie vrese en tekortkominge oorkom voordat hy homself met alle mag en krag kon inspan om teen misdaad te veg en goed te doen. Sy voorbeeld gee hoop aan die samelewing omdat dit vir ons wys dat enige gewone mens die vermoë het om iets te doen om die samelewing ’n beter plek te maak.

’n Mens het drie keuses: Jy kan deel wees van die probleem, jy kan niks doen nie en net saam op die lewensbootjie voortdobber, of jy kan aktief wees en een van die superhelde word wat van die wêreld ’n beter plek maak. Dit is jou keuse!

Kom ons aanvaar die Batman-uitdaging! Laat vaar jou vrese, skryf in en word deel van die Batman- virtuele wedloop. Jy gaan groot pret hê en jy gaan deel wees van iets groot en besonders! Moenie dié wedloop misloop nie! Skryf nou in!

Die 2020 Justice League Virtuele Wedloop-reeks word op die volgende datums aangebied:
Sondag, 11 Oktober: Batman-wedloop
Sondag, 8 November: The Flash-wedloop
Sondag, 13 Desember: Superman-wedloop

Volg die Justice League Virtual Run Series:
Facebook & Instagram: @JLRunseries 
#JLRunSeries20 #VirtualHeroes

Besoek die webwerf om in te skryf:
www.justiceleagueseries.co.za

Besoek die Justice League Series aanlyn winkel

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Ander sport

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae