‘Werkelijk fantastisch!’

Max Verstappen kniel langs sy Red Bull-vuurwa nadat hy die beslissende wedren in Abu Dhabi gewen het. Foto: Twitter.

As daar nou een plek ter wêreld is waar die Kaap ongetwyfeld weer Hollands is, dan moet dit in Nederland wees nadat Max Verstappen gister op dramatiese wyse as die nuwe F1-wêreldkampioen aangewys is.

Mark Rutte, Nederland se eerste minister, het Verstappen kort ná sy merkwaardige sege op sosiale media gelukgewens.

“Dit was ’n geskiedkundige dag vir Nederlandse sport. Baie geluk met hierdie fenomenale prestasie. Werkelijk fantastisch,” het Rutte getwiet.

Christian Horner, Red Bull-spanbaas, het ook die jong renjaer se lof besing.

“Oor die afgelope 22 wedrenne was die geluk nie altyd aan Max se kant nie. Tog het hy altyd met vasberadenheid en passie bestuur, om nie eens van sy behendigheid agter die stuur te praat nie. Ek dink hy verdien dit om die wêreldkampioen te wees,” het Horner gesê.

Die feit dat Verstappen nie vir Lewis Hamilton teruggestaan het nie, maak sy titel selfs meer spesiaal.

“Lewis verdien lof vir die wyse waarop hy hierdie seisoen gejaag het. Maar ’n mens moet onthou dat Max nog ’n jong man is en hy het – statisties geproke – die suksesvolste renjaer nóg aangevat. Hy het met mag en mening baklei; ’n verstommende prestasie vir ’n 24-jarige sportman.”

Mercedes-ondersteuners is egter warm onder die kraag omdat Verstappen in die heel laaste ronde die titel voor Hamilton se neus weggeraap het.

Een sosialemediagebruiker het dit met ’n sokkerwedstryd vergelyk waar Hamilton met 10–0 voor was, maar danksy die ingpryping van beamptes kon die Nederlander die tweestryd in die doodsnikke met een doel wen.

Rohit Sharma, Indië se witbalkrieketkaptein, het egter met sy eie sportmetafoor vorendag gekom om Verstappen se triomftog te beskryf.

“Ses lopies word vanaf die laaste aflewering benodig en raai wat? Max Verstappen slaan die bal oor die grens. Dit was ’n ongelooflike sege,” het Sharma getwiet.

Finale jaerspuntestand:

  1. Max Verstappen 395,5 punte
  2. Lewis Hamilton 387,5 punte
  3. Valtteri Bottas 226 punte
  4. Sergio Perez 190 punte
  5. Carlos Sainz 164,5 punte
  6. Lando Norris 160 punte
  7. Charles Leclerc 159 punte
  8. Daniel Ricciardo 115 punte
  9. Pierre Gasly 110 punte
  10. Fernando Alonso 81 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elinette ·

Ai, jaai jaai!!!! Was dit nou lekker om te kyk. STRATEGIE het op die ou einde die skaal in Max se guns geswaai. Met die 1ste “virtual safety car” het sy span strategies gespeel om hom te laat “box” – windlawaai Hamilton het self later sy spanbestuurder gevra of dit nie riskant was om hom nie toe te laat om in te gaan kuipe toe nie en op die ou einde was dit die gelykmaker (én wat Max nodig gehad het om hom sy 1ste wêreldkampioenskap te besorg). Mooi was nog nooit lelik nie!!!!!

piet ·

Ek probeer weer want my kommentare word mos nie geplaas nie (of verwyder) – Daar was niks verkeerd met Mercedes se strategie nie, Verstappen kon nie vir Hamilton genoegsaam inhaal na Verstappen se eerste bandruiling nie en Hamilton sou op ‘n drafstap gewen het, was dit nie vir die safety car 5 rondes voor die einde nie en met Hamilton 12 sekondes voor op daai stadium. Hamilton het die hele resies vir Verstappen ore aangesit en vir hom weggery. Net gelukkig gewees, gehelp deur die regulasies. Bisar inderdaad.

twaalfboor ·

Piet….. die regulasies tel vir “sir” Hamilton ook. As hy dit nie kan toepas en gebruik nie is dit onnosel van hom. Onder die “safety car” kon hy ook ñ vars stel bande opgesit het…… maar nee wag hy het nie vars stel oorgehad nie want hy het hulle almal pap gejaag in FP en Q1,2 &3. LOL!!!!!! Die gehuil en kerm agterna noem hulle suur druiwe.

piet ·

twallfboor – Hamilton het baie bande tot sy beskikking gehad maar weens sy posisie op die baan kon hy nie bande ruil tydens die die safety car teen die einde nie sonder om sy posisie aan Verstappen af te staan nie. Dit was net ‘n gelukkie vir Verstappen dat hy kon bande ruil en die agterstand kon opmaak sonder om ‘n vinger te verroer op die baan self. Verstappen is absoluut bevoordeel deur die safety car ontplooing en Hamilton absoluut benadeel.

Jackie ·

Nes hamilton die hele seisoen deur die regelasies gehelp was.

Vonkprop ·

piet, Mercedes se antwoord vir alles deesdae is sit ‘n nuwe enjin in. Dit sou bietjie moeilik gewees om dit in die laaste rondte te kon doen. Aan die ander kant is Red Bull briljant in hulle strategie. Hulle gebruik elke situasie tot hulle voordeel en hulle is goed om in die hitte van die oomblik ‘n besluit te maak. Dit bly ‘n dobbel, maar die gevoel is soveel beter as dit uitwerk. Mercedes oftewel Totto het Hamilton sy titel gekos en nou wil hulle kom geraas maak oor hulle eie swak besluite.

piet ·

Vonkprop – In hierdie geval was Mercedes se strategie 100% en was dit beslis nie swak besluite se skuld nie. Het die regte ding gedoen en was gemaklik besig om die wedren te wen totdat die safety car die situasie heeltemal teen hulle gedraai het en hulle kon niks aan daai situasie doen nie. Dis maar net hoe dit uitgewerk het, ‘n gelukkie vir Verstappen gelykstaande soos ‘n, rugbybal wat 90 grade hop om ‘n hoogs onwaarskynlike drie te bewerkstellig.

Herman ·

piet, hy se dankie vir sy skepper. Sy vuis is nie in die lig asof hy iets demand nie. Miskien moet die blm generasie meer op hulle knie gaan sonder hulle vuis in die lig.

Vonkprop ·

Verstappen het langs sy kar gekniel uit dankbaarheid nie vir politiek nie.

Lakemalawi ·

BLM in die geval beteken: Beaten Last Minute. Welgedaan Max.

Schalk ·

En toe ry ‘n Sagte koeldrank vervaardiger die Magtige Mercedes weg. Ek dink dit maak meer seer!

piet ·

Honda enjin en mede-eienaars. Honda was gedurende die Senna-era ook die vinnigste, so het al jare van die beste motors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.