Wilander sê Nadal is nie die gunsteling vir Franse titel

Rafael Nadal vier ‘n oorwinning (Foto: AP Photo/Lee Jin-man)

Dit is alombekend dat Spanje se Rafael Nadal die koning van die kleibaan is. Die 34-jarige sal poog om sy 13de Franse Ope-titel op Roland Garros te wen wanneer sy toernooi môre teen Egor Gerasimov afslaan.

Maar, sê Mats Wilander, Nadal is nie die gunsteling om met die louere weg te stap nie. Die voormalige wêreld se nommereen-speler meen dat Serwië se Novak Djokovic of Oostenryk se Dominic Thiem eerder die uiteindelike wenner sal wees.

“Novak mag dalk die beste speler ooit wees en ná sy faux pas gedurende die Amerikaanse Ope dra hy ook ’n lekker titel as die stoutseun van wêreldtennis,” het Wilander gesê.

Djokovic is vanjaar tot dusver onoorwonne – behalwe vir daardie wedstryd in New York toe sy lynregter-glips veroorsaak het dat hy uit die Amerikaanse Ope geskop is. Boonop het hy ook lekker momentum op klei nadat hy ’n week of wat gelede die Italiaanse Ope in Rome gewen het.

“Novak, Rafa en Dominic is ongetwyfeld die drie gunstelinge, maar ek dink dat Djokovic ’n groter kans staan om die toernooi te wen. Ek glo dat Thiem ook ’n faktor kan wees omdat hy gevaarlik op hierdie tipe bane is.”

Volgens Wilander, wat in sy speeldae drie keer die septer op Roland Garros geswaai het, kan die September-reënweer ook teen Nadal tel.

“Rafa gaan seker bid vir ’n Indiese somer daar in Parys. Daarteenoor pas die weer Novak se spel; hy het so amper vir Nadal in 2012 se nat eindstryd geklop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.