Wimbledon: Dis Djokovic teen Anderson

Novak Djokovic (Foto: Wimbledon, Twitter)

Novak Djokovic het Saterdag op Wimbledon met Rafael Nadal afgereken en vir homself ʼn plek teen Suid-Afrika se Kevin Anderson in die eindstryd verseker.

Djokovic, van Serwië, het die Spanjaard 6-4, 3-6, 7-6(9), 3-6, 10-8 geklop ná ʼn wedstryd van vyf ure en 17 minute.

Dit is Djokovic se vyfde eindstryd op Wimbledon. Hy het al drie keer as wenner uit die stryd gestap en nog net teen Andy Murray in 2013 vasgeval.

Nadal en Djokovic kon Vrydagaand eers teen ongeveer 20:00 (BST) met hul wedstryd begin ná ʼn uitmergelende halfeind van ses uur en 36 minute tussen John Isner van Amerika en Kevin Anderson van Suid-Afrika. Anderson het uiteindelik 7-6(6), 6-7(5), 6-7(9), 6-4, 26-24 met Isner afgereken. Dit is die langste halfeind in die geskiedenis van Wimbledon.

Nadal en Djokovic kon Vrydagaand slegs drie stelle binne die drie ure, voor die Wimbledon-bane vir die dag sluit, afhandel. Wimbledon het ʼn klokreël van 23:00 waar alle wedstryde wat steeds aan die gang is, opgeskort moet word.

Anderson en Djokovic se eindstryd begin Sondag na verwagting om 15:00 (Suid-Afrikaanse tyd).

* Die vroue enkelspel-finaal tussen Serena Williams (Amerika) en Angelique Kerber (Duitsland) begin Saterdagmiddag na verwagting omstreeks 17:00 (Suid-Afrikaanse tyd).

* Raven Klaasen (35), van King William’s Town in die Oos-Kaap, en sy dubbelspelmaat Michael Venus (30) van Nieu-Seeland, kom Saterdag ook teen die Amerikaners Mike Bryan (40) en Jack Sock (25) te staan. Dié wedstryd is tans geskeduleer vir 17:45 (Suid-Afrikaanse tyd).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann cb ·

Kevin is só vasberade en positief ingestel, hy gáán die titel vir homself en Suid-Afrika inoes! Sterkte Kevin, die hele nasie staan bankvas agter jou!

Ann ·

My kind speel ook tennis en hy is oorgehaal om vir Kevin te sien speel! Hy was aanvanklik teleurgesteld toe hy hoor dat Roger Federer verloor het – tot ek hom gesê het Kevin is van Suid-Afrika.
Jy het selfs kinders agter jou!! Maak ons trots!!

Wessel ·

Roger het Kevin onderskat, hy het gedink Kevin gaan vou, soos gewoonlik ondere druk, hy wat Federer is moes net die balle bly terug slaan, die foute sal kom. Toe gaan sit Federer op sy louere en dit het hom duur testaan gekom. Kom ons kyk wat gebeur as die twee weer eendag teen mekaar testaan kom.

Wessel ·

Kom ons kyk gerus hoe die tegnologie ingespan is en die spel oor die jare gemanipuleer is:
Die bane se oppervlak word mee gepeuter, veral die gras om die puris hok te slaan, die hedendaagse rakette laat jou houe slaan wat skrik vir niks, en dan het jy nog nie eens geoefen om jou gewrigte sterk te maak nie. Die balle klink soos plastiek, dit krul en skrik vir niks, laat mens aan ‘n pingpong balletjie dink. Jy slaan ‘n woeste hou van die agterbaan af dan tol die pal so erg dit hop net anderkant die net halfpad in die dienhok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.