Wimbledon: Duitser klop Serena Williams

Angelique Kerber (Foto: Wimbledon, Twitter)

Angelique Kerber het Saterdag binne twee stelle met Serena Williams in die vroue-enkelspeleindstryd op Wimbledon afgereken.

Die elfde gekeurde Kerber het Williams, wat al sewe keer met die Wimbledon-trofee weggestap het, 6-3, 6-3 geklop.

Williams was die gunsteling, alhoewel dit slegs haar vierde toernooi is sedert sy in September verlede jaar ʼn baba gehad het.

Die mans-enkelspeleindstryd tussen Kevin Anderson van Suid-Afrika en Novak Djokovic van Serwië is geskeduleer vir Sondag, 15 Julie 2018 om 15:00 (Suid-Afrikaanse tyd).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

Welgedaan. Het nie gedink sy het die skietgoed om Serena te wen nie.

Wessel ·

Wat ‘n fiasko was dit, wat ‘n teleurstelling. Sy was nie naby opgewasse nie. Sy het eers teen ‘n gekeurde in die halfeind gespeel. Dit het Wimbledon nou om haar te keur en te sorg dat sy ‘n maklike pad tot in die eindstryd het. Laat dit nou vir hulle ‘n les wees.

Wessel ·

Ek praat nou van Serena. Geen mens speel 4 wedstryde in 9 maande en dan is jy kamma die gunsteling nie. O’ja en dan het sy nog geen toernooi in daai tyd gewen nie, maar nou is sy skielik die gunsteling.

Henry ·

Om as no 25 op die lys van gekeurde spelers geplaas te word, kan kwalik as bevoordeling beskryf word.
Hoe ookal, dit is wonderlik dat die mooi jong Duitsertjie gewen het. Mag sy ‘n waardige opvolger van haar landgenoot – Stephie Graf – word.

Henry ·

Anderson is 32.
Nadal, Djokovich en Federer is almal ouer as 30. So wat is die punt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.