Die Amerikaners Mike Bryan en Jack Sock het Saterdagaand met Raven Klaasen van Suid-Afrika en Michael Venus van Nieu-Seeland in die dubbelspel-eindstryd vir mans op Wimbledon afgereken.
Die Amerikaners het met 6-3, 6-7(7), 6-3, 5-7, 7-5 gewen.
In die dubbelspel-eindstryd vir vroue het die Tsjeggiese Barbora Krejcikova en Katerina Siniakova met Nicole Melichar (Amerika) en Kveta Peschke (Tsjeggië) 6-3, 4-6, 6-0 afgereken.
Die Suid-Afrikaner Kevin Anderson kom Sondagmiddag om 15:00 te staan teen Novak Djokovic van Serwië vir die mans enkelspelfinaal.
Lees alle vorige berigte oor Wimbledon op Maroela Media.