Wimbledon: SA’ner in rolstoeltennistoernooi uitgeskakel

Kgothatso Montjane (Foto: SA Tennis, Twitter)

Kgothatso Montjane, die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou wat aan Wimbledon deelgeneem het, is Vrydag uitgeskakel. Sy het aan die enkelspel rolstoeltennistoernooi deelgeneem.

Montjane (32), van Seshego in Limpopo, het Donderdag binne 80 minute met Katharina Kruger van Duitsland afgereken. Sy het egter Vrydag, in die halfeindstryd teen Diede de Groot van Nederland vasgeval.

De Groot (22) is die wêreld se eerste gekeurde rolstoeltennisspeler (vroue).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.