WWE-rofstoeiers kom weer na Suid-Afrika

Seth Rollins is een van die vermaaklikheidsterre wat in Suid-Afrika te siene gaan wees. Foto: Twitter.

Daar mag dalk meer drama wees as in jou deursnit Afrikaanse sepie, maar die rofstoei-aksie van die WWE-franchise is van die gewildste vermaak ter wêreld.

Die WWE Live-insiatief is weer in April in Suid-Afrika en plaaslike ondersteuners kan van 29 April tot 2 Mei stoeiers soos Seth Rollins, Becky Lynch en Bobby Lashley in aksie sien. Die vertonings word in Kaapstad, Durban en Johannesburg aangebied.

“Ons is baie opgewonde om na Suid-Afrika terug te keer en vier aksiebelaaide vertonings te lewer. Ondersteuners kan ’n aand van familie-vriendelike vermaak verwag wat vir spesiale herinneringe sal sorg,” het Stefan Kastenmuller van WWE gesê.

Maar jy sal egter jou hand diep in jou beursie moet steek om een van dié geleenthede by te woon.

Kaartjiepryse wissel van R350 tot R3995 (vir die BBP-area) per persoon. Om dinge in perspektief te plaas: Dit is duurder as Roger Federer se liefdadigheidskragmeting teen Rafael Nadal in Kaapstad.

Kaartjies vir dié tweestryd het van R150 tot R1 950 per persoon gewissel.

Kaartjies vir die afgelope Protea-kriekettoets teen Engeland op SuperSportpark in Centurion het jou so R180 uit die sak gejaag indien jy op die gras gesit het.

  • Datums vir die komende WWE-toer:

29 April om 20:00 in die Grand Arena in Kaapstad

30 April om 20:00 in die Moses Mabhida-stadion in Durban

1 Mei om 20:00 in die Ticketpro Dome in Johannesburg

2 Mei om 14:00 in die Ticketpro Dome in Johannesburg

  • Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.