Aflosspan blits silwer los in Japan

Akani Simbine. Foto: Reg Caldecott.

Vinnig, vinniger, vinnigste …

Die Suid-Afrikaanse 4×200 m-aflosspan het die afgelope naweek die spoednaald in die oortreffende trap gestoot toe hulle die silwermedalje by die Wêreldkampioenskap in Yokoham losgehardloop het.

Boonop het hulle twee keer die nasionale rekord in dié item gebreek – in die uitdunronde én in die finaal.

Die span van Jon Seeliger, Anaso Jobodwana, Sinesipho Dambile en Chederick van Wyk het hul uitdunronde in ’n tyd van 1:20.64 min gewen – byna twee sekondes vinniger as die vorige nasionale rekord wat in 2002 deur Marcus la Grange, Matthew Quin, Josef van der Linde en Paul Gorries opgestel is.

Maar die kersie op die koek was Simon Magakwe, Van Wyk, Dambile en Akani Simbini se poging in die finaal. Die viermanskap het hul stralerskoene aangehad en die item in ’n tyd van 1:20.42 min afgeblits.

Die VSA is die gouemedaljewenners met hul tyd van 1:20.12 min, terwyl Duitsland (1:21.26 min) die bronsmedalje gewen het.

Simbini het vroeër vanjaar die 200 m- nasionale kampioenskap gewen en sal nou probeer om die 100 m by die Wêreldkampioenskap in Doha te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hendrik UAE ·

Waarom sou mens die span verander tussen semi’s en finale?Oefen so ‘n aflos span nie saam om ‘n SPAN te wees nie?Sorry ek pleit dom.

Batin ·

@Hendrik, hul oefen as span saam ja, maar baie keer sal n aflos span (4 wat verteenwoordig) bestaan uit 6 of 8 lede. Daar word navorsing gedoen op opponente, en waar wie n stap voor is, en so sal lede uit gewissel word om die beste moontlike kans te he. Ek hoop dit maak sin.

kolla ·

Dit gebeur baie as jy diepte in ‘n besondere item het. Die Amerikaners byvoorbeeld is baie lief om ‘n heel ander span in die kwalifiseerde rondes in te span want hulle weet hulle gaan maklik kwalifiseer. Dan hardloop hul bestes in die finaal, lekker vars en uitgerus.

Judge Dredd ·

@Batin – elke span hardloop in sy eie laan.
Geen direkte kompetisie behalwe die stopwatch.
Enigste strategie is om die 4 atlete te gebruik wat jou die kortste moontlike tyd sal gee.

Heel moontlik het hul vooraf beplan vir A en B groep atlete om A groep atlete vars te hou vir finaal. B groep atlete het waardevolle ondervinding opgedoen in semi’s.

Hendrik UAE ·

Dankie verstaan nou beter. Ek dog dis dalk oneties om spanne te verander tussen wedlope.

Johann ·

Span poging?????? En waars die foto van die res van die span?

Annetjie ·

Ag dis lekker om goeie nuus te lees. Musiek, atletiek, swen, ens bind ons saam. Die manne verdien respek en goeie wense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.