Aflosspan trek hul goue skoene aan

Akani Simbini. Foto: Reg Caldecott.

Suid-Afrika se 4×100 m-mansaflosspan het Donderdagaand die goue medalje in Ostrava (Tsjeggiese Republiek) gewen. Die byeenkoms is deel van die IAAF se Wêreld-uitdaagreeks.

Die span het uit Henricho Bruintjies, Thando Dlodlo, Simon Magakwe en Akani Simbine bestaan.

Hulle het die aflos met hul tyd van 38.65 s gewen, met ’n internasionale uitnodigingspan in die tweede plek met hul tyd van 38.81 s.

Al vier atlete het ook in individuele wedlope deelgeneem.

Simbine het vierde in die 100 m se A-wedloop geëindig, net 0.04 s stadiger as Amerika se Mike Rodgers. Magakwe het sesde klaargemaak met sy tyd van 10.16 s.

Die Suid-Afrikaners het ook sterk in die B-wedloop vertoon met die 20-jarige Dlodlo wat die silwer medalje losgehardloop het. Sy tyd was 10.24 s.

Thando Roto was vierde (10.29 s) en Bruintjies vyfde (10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.