Atletiek: Caster onder druk

Caster Semenya nadat sy die goud gewen het (Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein)

Die agtste Diamantliga-byeenkoms word op Donderdag (5 Julie) in Lausanne, Switserland aangebied.

Tydens die vorige byeenkoms wat die afgelope naweek in Parys aangebied is, was dit Suid-Afrika se Caster Semenya wat weer die kollig gesteel het. Semenya het haar persoonlike beste in 800 m aangeteken en ook ʼn splinternuwe Suid-Afrikaanse rekord van 1 minuut 54.25 sekondes opgestel. Dit was Semenya se derde goue medalje in die 800 m in vanjaar se Diamantliga-reeks.

In Lausanne sal Semenya aan die 1 500 m deelneem en sy is nie die gunsteling om die nommer te wen nie. Daar is drie atlete wat met beter tye as Caster spog. Ethiopië se Gudaf Tsegay is die vinnigste atleet en het ʼn maand gelede ʼn briljante tyd van 3:57.64 in Stockholm opgestel.

In die vroue-verspring sal die deelnemers poog om die eerste keer die seisoen verder as sewe meter te spring met ʼn toegelate windsterkte. Ivana Španovic van Serwië is een van twee atlete wat die seisoen al 6.99 m gehaal het.

Die byeenkoms begin om 19:10 vanaand en eindig om 21:38. Die nommers wat aangebied word is:

Mans: 200 m, 110 m-hekkies, 400 m-hekkies, 5 000 m, gewigstoot, hoogspring en driesprong.

Vroue: 100 m, 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m, paalspring, verspring en spiesgooi.

Die volgende byeenkoms in die reeks word op 13 Julie in Rabat aangebied. Die reeks van twaalf byeenkomste en twee eindrondes eindig op 30 Augustus.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niklaas ·

Sy is werklik een dapper mens om staande te bly teen soveel onregverdige druk.

Wesley ·

Waarlik onregverdig om n mens onnatuurlik te kniehalter net omdat sy met n liggaams “talent” gebore is. Gaan ons nou begin om natuurlike lang mense se bene afsny om met die korter basketbal spelers “regverdig” mee te ding. Ek met my vet lyfie gaan ook nou huil dat mense maerder as ek lyk, en sodoende hul forseer om net Mcdonalds te eet vir n jaar… Hahaha wat n grap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.