Atletiek: SA gaps 2 van die 32 titels

Suid-Afrika se Caster Semenya vier haar oorwinning in die 800m-wedloop by die Internasionale Diamantliga-reeks in Zurich, Switserland (30 Augustus 2018). Foto: Ennio Leanza/Keystone via AP

Die twee finale byeenkomste van die Internasionale Diamantliga-reeks is Donderdag en Vrydag aangebied. Dit was die 13de en 14de byeenkomste van die seisoen en is onderskeidelik in Zürich en Brussel gehou.

Caster Semenya en Luvo Manyonga was weer Suid-Afrika se uitblinkers.

Suid-Afrika het twee van die 32 items wat deur die loop van die seisoen tydens veertien byeenkomste aangebied was se titels gebuit. Die room van die wêreld se atlete het mekaar die stryd aangesê.

Die Suid-Afrikaners Caster Semenya (800 m) en Luvo Manyonga (verspring) het beide eerste in hul items geëindig en het ook daarmee verseker dat hulle weer as reekswenners aangewys word. Die reekswenner van elke item het $50 000 (sowat R734 000) en ʼn diamant-trofee ontvang.

By Donderdag se byeenkoms het Ruswahl Samaai ʼn tweede plek in die verspring behaal. Vrydag in Brussel kon Akani Simbine net vyfde oor die wenstreep draf in die 100 m vir mans.

Die ander Suid-Afrikaners kon nie hond haar-af maak tydens die laaste twee byeenkomste nie. Dit sluit atlete in soos Wenda Nel (400 m hekkies vir vroue), Pieter Conradie (400 m vir mans), Luxolo Adams (200 m vir mans) en Cornel Fredericks (400 m hekkies vir mans).

Van die ander internasionale atlete wat as wenners van die Diamantliga-reeks van 2018 gekroon is sluit in Caterine Ibarguen (verspring en driesprong), Christian Coleman (100 m), Noah Lyles (200 m) en  Andreas Hofmann (spiesgooi).

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wimpie Schreüder ·

Ek stem saam Hy verdien nie die erkening wat gegee word nie . Hy moet teen mans hardloop . Ek weet nie waarom hef ons hom so op nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.