Atletiek: Suid-Afrika kies 40 atlete vir die wêreldbeker

Caster Semenya. Foto: Karwai Tang/ANA

Atletiek Suid-Afrika het ʼn sterk span van 40 atlete aangewys wat Suid-Afrika in Julie by die eerste Atletiekwêreldbeker in Londen sal verteenwoordig.

Die byeenkoms word op 14 en 15 Julie in die Olimpiese Stadion van 2012 aangebied. Deesdae staan die stadion bekend as die Londen Stadion en Koningin Elizabeth Olimpiese Park.

Een atleet van elkeen van die agt lande sal per item sy land verteenwoordig. Die groot name wat dadelik uitspring is Caster Semenya, Akani Simbine, Luvo Manyonga, Wenda Nel en Sunette Viljoen.

Die ander sewe lande wat sal deelneem is die VSA, Pole, China, Duitsland, Frankryk, Jamaika en Groot-Brittanje.

Die prysgeld waarvoor meegeding word is nagenoeg R27 miljoen.

Suid-Afrika se span vir die Wêreldbeker is:

100 m: Akani Simbine, Carina Horn

200 m: Clarence Munyai, Justine Palframan

400 m: Derrick Mokaleng, Justine Palframan

800 m: Rynardt van Rensburg, Caster Semenya

1 500 m: Jerry Motsau, Caster Semenya

110 m-hekkies: Antonio Alkana

100 m-hekkies: Rikenette Steenkamp

400 m-hekkies: Lindsay Hanekom, Wenda Nel

Hoogspring: Chris Moleya, Julia du Plessis

Paalspring: Niel Giliomee, Christy Nell

Verspring: Luvo Manyonga, Lynique Beneke

Driesprong: Khotso Mokoena, Patience Ntshingila

Gewigstoot: Ischke Senekal

Diskus: Victor Hogan, Ischke Senekal

Hamergooi: Tshepang Makhete, Chene Pretorius

Spiesgooi: Phil-Mar van Rensburg, Sunette Viljoen

4×100 m-aflos

Mans: Akani Simbine, Roscoe Engel, Simon Magakwe, Henricho Bruintjies, Clarence Munyai.

Vroue: Carina Horn, Tebogo Mamatu, Lente Pieterse, Cassidy Williamson, Tamsin Thomas.

4×400 m-aflos

Mans: Derrick Mokaleng, Thapelo Phora, Pieter Conradie, Zakhiti Nene, Lindsey Hanekom.

Vroue: Justine Palframan, Caster Semenya, Wenda Nel, Ariane Nel, Rorisang Ramonye.

Meer inligting is beskikbaar by: https://www.athleticsworldcup.org

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.