Atletiek: Verspringers sal Caster moet nadoen

Caster Semenya wen die 800m by die Prefontaine Classic-byeenkoms in Eugene, Oregon (26 Mei 2018). Foto: Chris Pietsch/The Register-Guard via AP

Die vierde byeenkoms in die Diamantligareeks word Donderdag in Rome, Italië, aangebied. Caster Semenya spog reeds met drie goue medaljes in die drie afgehandelde byeenkomste. Sy het reeds twee in die 800 m en een in die 1500 m losgeslaan.

Donderdag is daar egter nie een van Caster se twee nommers op die program nie. Die fokus verskuif nou na drie ander Suid-Afrikaners.

In die verspring vir mans gaan die beste van die bestes hul staal wys. Die twee Suid-Afrikaners, Luvo Manyonga en Rushwal Samaai, sal skouers skuur met Juan Miguel Echevarria (Binnenshuise Wêreldkampioen), Marquis Dendy (Wêreldkampioen in 2016) asook Jeff Henderson (Olimpiese kampioen).

Van die atlete wat in die 100 m vir mans in die blokke gaan sak, is Suid-Afrika se Akani Simbine, Christian Coleman (60 m binnenshuise wêreldkampioen), Ronnie Baker (9.97 in 2018) en die Italianer Filippo Tortu (10.03) onder die groot name.

Die wenner van ʼn nommer verdien 8 punte en die top agt of twaalf atlete (afhangend van die nommer) sal ná die reeks van 12 byeenkomste verseker wees van ʼn plek by die finale twee byeenkomste.

PosPunte
1ste8
2de7
3de6
4de5
5de4
6de3
7de2
8ste1

Die prysgeld per byeenkoms begin by $10 000 aan die wenner van die nommer en skiet op na $50 000 by die eindronde.

ByeenkomsteEindronde
PosPrysgeld (USD)PosPrysgeld (USD)
1$10 0001$50 000
2$6 0002$20 000
3$4 0003$10 000
4$3 0004$6 000
5$2 5005$5 000
6$2 0006$4 000
7$1 5007$3 000
8$1 0008$2 000

Die byeenkoms in Rome begin Donderdag om 17:40 en sal skuins voor 22:00 afgehandel wees.

17:40 Diskus vroue
19:20 Diskus mans
19:30 Paalspring mans
20:10 Hoogspring vroue
20:13 400 mH mans
20:23 3 000 m vroue
20:38 800 m mans
20:40 Verspring mans
20:53 100 mH vroue
21:16 400 m mans
21:25 200 m vroue
21:35 100 m mans
21:50 1 500 m mans

Die reeks van twaalf byeenkomste en twee eindrondes eindig op 30 Augustus.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wesley ·

Sjoe ja nee jy is reg, Akani kan baie goed hardloop! Hoop hy slaan goud los! Go AKANI!!

Baie sterkte ·

Baie sterkte aan elke atleet, geluk Caster. Akani ou bulletjie ons kyk vir jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.