Atletiekster oorwin Covid-19-hekkie

Wenda Nel. Foto: Reg Caldecott.

Die 400 m-hekkiespesialis Wenda Nel was Maandag vir die eerste keer in ’n lang ruk terug op die atletiekbaan nadat sy van Covid-19 herstel het.

“My hartkloptempo is nog ’n bietjie hoog; weliswaar nie super hoog nie, maar dit is beslis hoër as wat dit altyd was. Ek dink dit is die beste benadering om aanvanklik net rustig op die oefenbaan te wees,” het sy gesê.

“Ek was baie gelukkig dat ek nie van die ernstige Covid-19-simptome gehad het nie – ek het net ’n aanhoudende en knaende kopseer gehad. Ek kan egter steeds nie die feit ignoreer dat ek positief getoets is en dat ek die virus gehad het nie.”

Die hekkiester het gister haar 32ste verjaardag gevier en sy is nog glad nie van plan om haar spykerskoene finaal weg te bêre nie.

Foto: Reg Caldecott.

Sy het in 2010 haar eerste SA titel ingepalm, terwyl sewe verdere nasionale goue medaljes in die 400 m-hekkiesitem gevolg het. Van die ander hoogtepunte in haar loopbaan is haar persoonlike beste tyd van 54.37 s wat sy in 2015 in Beijing gehardloop het, terwyl sy ook ’n brons medalje by die Statebondspele ingepalm het.

“Mense vra my deesdae gereeld oor my toekomsplanne uit; ek dink hulle probeer uitvind of ek nog aan byeenkomste gaan deelneem. Die antwoord op daardie vrae is ’n doodeenvoudige ‘ja’. Die plan is om vir oulaas by die Olimpiese Spele in aksie te wees.

“Selfs al word die Spele weer eens afgelas, wil ek steeds hardloop. Ek wil nog daardie amperse perfekte wedloop hardloop.”

Maar maak nie saak wat oor die volgende 12 maande gebeur nie, Nel is meer as tevrede met haar loopbaan.

“Ek dink dat min atlete dit kan sê dat hulle amper alles vermag het wat hulle graag wou. Ek is ongelooflik bevoorreg om al in aksie by die Olimpiese Spele te gewees het, ek was in die finaal van die Wêreldkampioenskap en ek was op die podium by die Statebondspele.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frank ·

Ag man, ek’s sommer dik vir sport na onlangse gebeure. My kop is seker te plat om insig te hê.

Delon ·

die media probeer so hard om iets te maak van die klug , dit is om van naar te word
meeste mense weet teen die tyd dit is n politieke skuif om blankes finansieel uit te roei en dit is al , en die media speel saam
want niemand wil eerste wees om uit te wys dat die keiser kaal is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.