Caster se kans verby om vir Spele te kwalifiseer

Caster Semenya. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein

Dit lyk nie of Suid-Afrika se Caster Semenya saam met die Suid-Afrikaanse Olimpiese span na Tokio sal reis nie.

Die 30-jarige atleet kon gister weer eens nie daarin slaag om vir die 5 000 m item te kwalifiseer nie toe sy vierde met haar tyd van 15:50:12 minute in België geëindig het – so te sê 40 sekondes stadiger as die Olimpiese kwalifiserende tyd van 15:10 minute.

Selfs al het sy die wedloop in die verlangde tyd kafgedraf, sou sy steeds nie na die Spele kon gaan nie omdat sy net tot 29 Junie kans gehad het om vir die internasionale skouspel te kwalifiseer.

Semenya het haarself vroeër vanjaar tot die Europese menseregtehof gewend nadat die Switserse hooggeregshof verlede jaar beslis het dat haar 800 m-dae verby is totdat sy instem om medikasie te gebruik wat sal help om haar testosteroonvlakke te verlaag.

“Ek hoop hierdie hof sal ’n einde bring aan die langdurige menseregteskendings deur Wêreldatletiek teen vroue-atlete,” het Semenya destyds gesê.

José María Odriozola, ’n Spaanse professor in biochemie en lid van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF), het onder meer gesê dat die Suid-Afrikaner meer testosteroon as die meeste mans het, en daarom ’n onregverdige voordeel het.

Semenya het in Mei 2019 ʼn grensverskuiwende saak teen die IAAF voor die hof vir sportarbitrasie (CAS) verloor, wat beteken sy moet medikasie gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag as sy voortaan aan spesifieke items wil deelneem.

Sy het ook vroeër probeer om haar Olimpiese kaartjie via die 200 m te bespreek, maar haar beste tyd van 23,49 sekondes was steeds heelwat stadiger as die kwalifiserende tyd van 22,80 sekondes.

Sy het later van plan verander en besluit om op langer afstande te konsentreer.

“Ek is 30 jaar oud en as ek nou met naellope begin sal dit ’n risiko vir my spiere wees. In langer afstande het ’n mens meer tyd om jou voete te vind.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MakersMark ·

Jammer om te hoor dalk moet hy oor vier jaar weer probeer.

Vrijburger ·

“Ek hoop hierdie hof sal ’n einde bring aan die langdurige menseregteskendings deur Wêreldatletiek teen vroue-atlete”? Ek dink hulle het.

Nou moet hulle nog net die transgender probleem hokslaan.

annie ·

Moenie asem ophou nie, die sports begin nou eers. Daar is iemand wat nou teen die mans gewig wil optel. Die size is daar en die sweet maar nou kom die ware jakob-toets. Ons hoop net daar is ook geoefen om die trane se vloei te beheer want sneesdoekies is dalk nog nie geredelik beskikbaar langs die gewigte nie.

Pieter ·

Altyd geweet Caster se oorwinnings is BEE bedrog. Nou kom sy nie die mas op nie.

Cecilia ·

Hoe onregverdig. Sy leef nog haar lewe lank as n vrou en het nog altyd so deelgeneem.
Wat vd “Trans gender atleet? Hy was sy lewe lank n man. Nou besluit hy om uit d spreekwoordelike “closet” uit te klim en nou mag hy skielik as n vrou deelneem aan d Olimpiese spele. D Olimpiese komitee oorweeg selfs dan om 2 medaljes uit te reik sou hy wen. Hoop hul toets sy testoroon vlakke ook na deelname.
So eintlik het Wereld atletied dubbel standarde.
Diskriminasie op d ergste vlak!
Caster het absoluut niks verkeerd gedoen nie. Sy kan nie help d Vader het haar so geskape nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.