Drie silwer medaljes SA se skrale junior-oes

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse atlete by die IAAF se o.20-Wêreldkampioenskappe in Bydgoszcz, Pole, het vanjaar net drie silwer medaljes gewen.

Tlotliso Leotlela het met ʼn tyd van 20,59s in die 200m teen ʼn baie sterk veld die silwer medalje ingepalm. Sy spanmaat, Clarence Munyai, het sy semi-finaal in 20,54s gewen nadat hy in  die eerste uitdun 20,40s aangeteken het, maar was in die finaal van stryk af en het vierde gekom.

Leotlela het ook in die 100m vierde gekom. Dié twee belowende jong naellopers is albei gekies om Suid-Afrika by die Olimpiese Spele aanstaande maand in Rio de Janeiro te verteenwoordig.

Benewens Leotlela se naelloop-medalje, het Jo-Ane van Dyk en Johan Grobler albei hul persoonlike beste afstand in die spiesgooi behaal met onderskeidelik 57,32m en 80,59m, waarmee hulle die ander twee silwer medaljes ingeoes het.

Suid-Afrika het algeheel 22ste op die medalje-ranglys geëindig, een plek, met ʼn enkele brons medalje, swakker as Australië se poging.

Hierdie byeenkoms, wat voorheen die Wêreld Junior Kampioenskappe in Atletiek genoem is, word aangebied as ʼn internasionale atletiekkampioenskap vir atlete wat as juniors kwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Dis interesant hoe die spiesgooiers se prestasie so af gewater word in die artikel. So asof dit nie rerig saak maak nie.

Chivago ·

Ja Chris, so gaan dit nog altyd – baan items geniet altyd voorrang bo veld items. So asof dit minder oefen en opofferings verg om in ‘n veld item te presteer! So onregverdig, ons het puik veld atlete maar hulle word altyd afgeskeep.

Hein ·

Het die ouens wat dit verdien almal saam gegaan? Vra maar net?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.