Gaan hardloop by Voortrekkermonument

Afriforum se gewilde Springbok Vasbyt-wedloop is môre by die Voortrekkermonument. Foto: Facebook.

Dit is môre (Saterdag) weer tyd vir die gewilde AfriForum Springbok Vasbytwedloop by die Voortrekkermonument in Pretoria.

Die wedloop is al ’n instelling op die Jakarandastad se sportkalender en word vanjaar vir die 14de keer aangebied.

Dis ook sinoniem met die verbyvlug van Harvard-gevegsvliegtuie en ’n oorverdowende kanonskoot wat die wegspring van die wedloop aankondig.

Dan neem die historiese wedloop deelnemers verby landmerke soos die Ringmuur van die Voortrekkermonument, Fort Schanskop, die Amfiteater en die Muur van Herinnering.

Atlete sal met elke denkbare hardloopterrein te doen kry – van steil bulte tot skerp draaie en los klippe.

Vanjaar word daar hulde gebring aan kpl. Hermann Carstens, die laaste soldaat van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag wat in die Grensoorlog gesneuwel het.

Alle deelnemers wat die Springbok Vasbyt voltooi, sal die trotse eienaar van ’n kpl. Carstens-medalje word.

  • Afstande: 25 km, 10 km en 5 km.
  • Inskrywingskoste: R150 (25 km), R90 (10 km) en R50 (5 km)
  • Wegspringtye: Die 25 km- en 10 km-wedlope sal om 07:30 wegspring, terwyl die pretdrafatlete om 07:40 sal begin. Die gebruiklike openingsgeleentheid is tien minute voor die wegspring van die 25 km-atlete.
  • Atlete kan reeds van 05:00 inskryf en daar is veilige parkering op die terrein.
  • Vir meer inligting besoek vtmklub.co.za of skakel 071 405 5588.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.