Gedenkdiens word vir Xolani gehou

 

Hein Venter en Xolani Luvuno. Foto: Verskaf.

’n Gedenkdiens word vanoggend vir Xolani Luvuno op SuperSportpark in Centurion gehou.

Maroela Media het vroeër die week berig dat die inspirerende atleet ’n paar dae vóór sy 37ste verjaardag dood is.

“Xolani het soveel rolle in my lewe gespeel. Hy was ’n seun, ’n vriend, ’n drafmaat, ’n bron van inspirasie en net ’n fantastiese mens. Ons het soveel dinge saam aangepak,” het Hein Venter gesê.

Oor die afgelope paar jaar het die Pretoriase sakeman al Xolani se avonture eerstehands ervaar: sy eerste marathon in 2017, die Comrades-poging op krukke in 2018, die Ironman in Oos-Londen van 2019 en ’n paar Voet van Afrika-marathons.

“Hy het altyd gesê ’n mens moet jou nie blind staar teen dit wat jy nié het nie, maar die beste doen met dit wat jy wel het. Hy het gevoel dat hy ’n lewe van oorvloed geniet het.”

Die gedenkdiens begin om 09:15 en die verrigtinge kan hier gevolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.