Jong SA blitse breek wêreldrekord

Benjamin Richardson van die aflosspan (Foto: @WorldAthletics/Twitter)

Daar is hoop vir Suid-Afrikaanse atletiek ná die teleurstelling by die Olimpiese Spele in Tokio.

Die o.20 4×100 meter-aflosspan, Mihlali Xhotyeni, Sinesipho Dambile, Letlhogonolo Moleyane en Benjamin Richardson, het nie net die goue medalje gewen by die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Nairobi, Kenia nie, hulle het ook ʼn nuwe wêreldrekord van 38,51 sekondes vir die ouderdomsgroep opgestel.

Dit span die kroon op nege medaljes wat die span hierdie week verower het.

Miné de Klerk het sommer twee medaljes verower – goud in die gewigstoot en silwer in diskusgooi. Die ander goue medalje is reeds vroeg in die week gewen deur Miré Reinstorf in die paalspring vir vroue. Richardson het ʼn silwer in die 100 m vir mans ingepalm. Dambile het ʼn brons in die 200 m gewen met Antonie Nortje (400 m), Kyle Rademeyer (paalspring) en Dané Roets (gewigstoot) wat ook brons medaljes huis toe bring.

Die kampioenskappe eindig vandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.