Jy gaan verder by die Twee Oseane moet hardloop

Foto: Twee Oseane/Twitter

Vir die afgelope 50 wedlope moes atlete 56 km hardloop om ’n Twee Oseane-medalje te kry.

Vanjaar is die afstand van die ultramarathon egter met twee kilometer na 58 km verleng.

“Weens die ongekende groei in die gewildheid van padwedlope oor die afgelope dekade is daar beslis kommer oor die veiligheid van drawwers,” het die organiseerders in ’n verklaring gesê.

Weens die druk verkeer op Kaapstad se paaie oor die Paasnaweek (die marathon word op 11 April aangebied) is die drawwers se veiligheid die organiseerders se hoofprioriteit.

“Die organiseringskomitee werk hard saam met die munisipale owerhede en ander belanghebbendes om die drawwers se veiligheid te verseker. Daar sal egter klein veranderinge aan die ultramarathon-roete aangebring word.

“Die nuwe roete sal ongeveer twee kilometer langer wees, maar deelnemers kan rustig slaap: Die afsnytye sal ook daarvolgens aangepas word. Meer inligting oor die presiese roete sal binnekort deurgegee word,” het die organiseerders gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.