Knie buig, vuis lig taboe by Spele

Tommie Smith en John Carlos lig hul vuiste in protes teen rassisme  tydens die Olimpiese Spele van 1968. (Photo by Foto: EPU/AFP.

Volgens die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) sal atlete nie tydens die Olimpiese Spele in Tokio of die Winterspele in Beijing ’n politieke standpunt op die podium mag inneem nie.

Meer as 3 500 atlete het aan ’n peiling deelgeneem en die meerderheid het aangedui dat dit onvanpas is om politieke demonstrasies op die podium of die sportveld van stapel te stuur.

Die huidige Olimpiese regulasies bepaal dat enige demonstrasie of politieke, godsdienstige en rassepropaganda verbied word.

Dit kom ten spyte daarvan dat lord Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, politikus en ’n voormalige Olimpiese gouemedaljewenner, verlede jaar gesê het atlete moet die nodige vryheid gegun word.

“Ek het dit al vantevore gesê: As ’n atleet besluit om die knie op die podium te buig, dan ondersteun ek dit,” het Coe destyds gedurende ’n toer van die Olimpiese stadion in Tokio gesê.

“Atlete is deel van die wêreld en hulle wil die wêreld uitbeeld waarin hulle leef. Só iets is vir my heeltemal aanvaarbaar.”

Om te kniel, of iets soortgelyk aan die Amerikaanse naellopers Tommie Smith en John Carlos se gebaar gedurende die Olimpiese Spele van 1968, kan egter nou gestraf word.

“Die meerderheid van die deelnemers aan die peiling het nie gedink dit is gepas dat atlete hul individuele menings tydens die openingseremonie, op die speelveld of op die podium uitspreek nie,” het die IOK in ’n verklaring gesê.

Volgens die IOK het die respondente aangedui dat individuele menings en oortuigings eerder by nuuskonferensies geskik is.

Die presiese omvang van die straf is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ouMo ·

Mooi, maar kyk nou hoe gaan die slagoffer mentaliteit na bo dobber…

Josaandierand ·

Goeie maatreel. Hou jou persoonlike opinie tot jy daarvoor gevra word.

Adam Adriaan ·

Ja ou Coe. Sy oordeelsvermoë het vollengte in die ghwano geval

Anoniem ·

Dankie tog, skors alle oortreders van die reël vir ewig uit sport deelname, soos in vir ewig.

Wielspore ·

As jy sport doen kom wys jy talent en kreatiwiteit op die veld en podium, as jy jou politieke blyspel wil lewer gaan soek jou mede akteurs op in die riool stelsel dan kan julle saam gedagtes uitruil.
Daar is niks so mooi soos ‘n atleet wat sy talent op die veld/baan uitleef!

MakersMark ·

Al wanneer die knie gebuig moet word is wanneer tuinwerk verrig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.