Miné en Kyle sorg vir nóg medaljes

Miné de Klerk (heel links) het die silwer medalje in die diskusitem verower. Foto: Twitter.

Suid-Afrika het nog twee medaljes by die o.20-Wêreldkampioenskap in Kenia ingeoes.

Miné de Klerk se silwermedaljepoging van 53,50 m het die o.20-Afrikarekord in die diskusitem verbeter, terwyl Kyle Rademeyer ’n brons medalje in die paalspringitem met sy hoogte van 5,30 m verower het.

Suid-Afrika is steeds derde op die medaljepunteleer nadat Mirè Reinstorf en Benjamin Richardson ook vroeër tussen die medaljes baljaar het.

James Moloi, president van Atletiek Suid-Afrika, het juis die hoop uitgespreek dat hul medaljes die ander atlete tot hoër hoogtes sal aanspoor

Die jong atlete spog reeds met meer medaljes by hul Wêreldkampioenskap as Suid-Afrika se ganse Olimpiese span in Tokio. Tatjana Schoenmakar (goud en silwer) en Bianca Buitendag (silwer) was die enigste Suid-Afrikaners wat op die Olimpiese podium kon staan.

Paalspring-uitslae:

  1. Matvei Volkov 5,45 m
  2. Juho Alsaari 5,35 m
  3. Kyle Rademeyer 5,30 m

Diskus-uitslae:

  1. Violetta Ignatyeva 57,84 m
  2. Miné de Klerk 53,50 m
  3. Alina Nikitsenka 51,47 m

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.