Caster Semenya het Vrydagaand in die Diamantliga-reeks in Rabat, Marokko, haar Suid-Afrikaanse rekord in die 1 000 m verbeter.
Sy het binne 2 minute 31.01 sekondes oor die wenstreep gehardloop.
Haar vorige rekord was 2:35:43 wat sy vroeër vanjaar in Pretoria opgestel het.
In die tweede plek was CeAir Brown van Amerika (2:35:85) en Kaela Edwards, ook van Amerika, was in die derde plek met 2:36:13.
Semenya is op pad na Londen om by Span Suid-Afrika aan te sluit vir die agtnasies-wêreldbeker by die Olimpiese Stadion.