Nuwe SA-rekord vir 100 km-wêreldkampioenskap

Die Suid-Afrikaanse span saam met hulle afrigter, John Hamlett (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse span saam met hulle afrigter, John Hamlett (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse langafstandatleet Bongumusa Mthembu het die afgelope naweek ʼn nuwe nasionale rekord by die 100 km-wêreldkampioenskap in Spanje opgestel nadat hy ʼn algehele tweede plek verower het.

Mthembu het die 100 km in 06:24:05 voltooi. Bruce Fordyce van Stellenbosch het die vorige rekord van 06:25:07 in 1999 opgestel.

Hy het ook die eerste Suid-Afrikaner geword wat op die podium staan sedert Cornet Mathomane in 1993 ʼn bronsmedalje verwerf het.

Mthembu het die wedloop grootliks gedomineer, maar Hideaki Yamauchi van Japan het hom in die laaste 10 km verbygesteek. Yamauchi het uiteindelik die wedloop in 06:18:22 voltooi.

Suid-Afrika was goed teenwoordig by die wêreldkampioenskap. Gift Kelehe het ʼn negende plek behaal in ʼn tyd van 06:43:00, David Gatebe ʼn 12de plek in ʼn tyd van 06:44:34 en Rufus Photo ʼn negentiende plek met 06:52:43.

Suid-Afrika het ook ʼn algehele eerste plek verwerf in die spankategorie. Japan was in die tweede plek en Amerika derde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fritz ·

Fordyce het die rekord in 1989 opgestel. Dit is waarom hy daardie Comrades gemis het.

Leon Loots ·

Swak geskryf.SA rekord in Spanje? 19de plek maar tyd is minder as die hardlopers voor hom?
Proeflees iemand ooit die berigte?

Landi Slatter ·

Dagsê Leon

Dankie vir jou terugvoer. Dit was inderdaad ‘n nuwe rekord vir Suid-Afrika, die byeenkoms was net in Spanje gehou. Bongumusa Mthembu het tweede gekom met ‘n nuwe rekord vir SA. Ons vra om verskoning vir die oorsig met Rufus Photo van SA se negetiende plek se tyd. Dit lees nou 06:52:43.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.