SA appelleer teen Semenya-bevinding

Caster Semenya. Foto: Reg Caldecott.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) sê hy gaan appelleer teen die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) se besluit wat atlete soos Caster Semenya sal dwing om medikasie te neem om hulle testosteroonvlakke te verlaag. Semenya is ʼn dubbele Olimpiese kampioen in die 800 m.

Die hof het vroeër vandeesmaand die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se bevinding bekragtig dat alle vroueatlete wat seksueel “anders” ontwikkel, die medikasie moet gebruik as hulle teen ander vroue wil meeding.

Luidens ’n verklaring van die departement van sport en ontspanning, grond hy sy besluit om te appelleer op verskeie punte: die ASA se versoek dat twee van die arbiters hulle aan die paneel onttrek omdat hulle vroeër betrokke was by die saak van die Indiese naelloper Dutee Chand wat ook deur die beslissing geraak word; die ASA se mening dat die feite wat aan die hof voorgelê is en die beslissing nie ooreenstem nie; en die feit dat die hof sekere regsvrae nie beantwoord het nie.

Die hof het bloot aan die IAAF gesê dat hy kan doen wat hy goeddink, het die departement gesê.

Daar is byvoorbeeld geen duidelikheid oor hoe die IAAF die regulasies gaan implementeer nie, of hoe die etiese kwessies benader gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Maria ·

Ontregverdig !!! teen oor die ander vrouens wat net so moes hard werk terwyl “sy/hy” maklik met groot smile wen. As ek ander was so nie met moeite deel neem saam CAster nie. Niks met rasse nie doen nie dit ONTREGVERDIG dan gaan almal wegkom daarmee soos simpel !

Chrisjan ·

Ag foeitog, wie dink ASA is hulle? Klein vissie in ‘n groot dam. Wat dink hulle gaan hulle bereik? Onthou, die IAAF is nie idiote nie, hulle het net die beste kundiges al wil Semenya-gesindes dit nie weet nie. ASA mors almal se tyd.

Stephan ·

Nou wat wil die liewe ASA hiermee bereik? Kom by. Semenya is medies nie-aanvaarbaar nie. Punt.
(Moenie van alles ‘n “issue” maak nie!)

PJC ·

ASA het nie geld om atlete wat daarvoor kwalifiseer oorsee te stuur nie maar het miljoene om Caster te ondersteun. Dit wys weereens tot waar het SA nou gevorder.

Robert ·

…en een van hulle redes sal wees…… rassisme? Plaas julle die geld gebruik om plaaslike atlete op te lei? maar ons is mos die uitverkore so nou moet alles net regloop. vat ‘n pak soos ‘n ma/vrou en basta!!!

Regverdig ·

Hoeveel blanke vroue atlete lyk nie soos mans nie!!! Laat hulle OOK getoets word.

Karin ·

@Regverdig, al die atlete word getoets champ, en daar is nie EEN vrou atleet wat soos dié lyk of tekere gaan en toys gooi nie. Sommiges is mos geregtig op wen.

Anel ·

En wie dra die regskostes? As jy man wil wees neem teen mans deel. As jy teen dames wil deelneem, wees ‘n vrou. Besluit wat jy wil wees en betaal self vir jou arogansie. Los ons as publiek uit. Gebruik die geld om ander atlete te help met hul onkostes. Nie vir een selffsugtige iets nie. Daar is baie belowende atlete wat sal kan doen met daardie geld. Help hulle eerder.

Andreas ·

Sorrie, hier het ek al weer ‘n verkeerde kommentaar oor heupe van vrouens gegee. Biologies is hulle mos ….. en dan mag ek niks verder sê waarom die natuurlik vrou so geskape is nie, wel heel anders as die man.

Andreas ·

Wat regtig ‘n nagmerrie is, as mens op die internet videos van Caster gaan soek oor haar swak tye. Ek soek video paar jaar terug toe sy agv regulering van dieselde toestand swak tye gehardloop het, sommer laaste geeindig het. En weet julle die verassing is, daar is niks. Gaan soek op Google. Mens sien net berigte oor die afgelope jaar. Ek sal dit waardeer as Maroela ook kan help.

LHS ·

ASA is tegnies bankrot omrede geen borge meer bereid is om geld te vermors. Wie betaal vir hierdie regskostes? Wie is so moroon om steeds nie te wil verstaan waaroor die aangeleentheid gaan nie.Ek dink dit is tyd dat IAAF Suid – Afrika nou maar voorlopig uit wêredatletiek skors en aandring daarop dat hulle, hulle sake oor die algemeen moet in orde kry voor enige herlidmaatska uitgereik sal word.

Eben P ·

ASA het nie eers geld om hul allie te krap nie maar nee hulle gaan seker weer belasting geld gebruik om die man te help om as vrou te hardloop. Hoe belaglik ….

Regverdig ·

Hoeveel blanke vroue atlete lyk nie soos mans nie!!! Laat hulle OOK getoets word.

Hendrik ·

Vrouens het twee X-chromosome tewyl mans een X en een Y chromosoom het. Dit behoort die reël te wees waarop iemand se geslag bepaal word. ‘n Mense se gene is die bouplanne waarvolgens jou liggaam ontwikkel. Ongelukkig is daar ‘n baie klein persentasie mense wat nie in een van hierdie twee kategorië val nie. Vir hulle voel ek baie jammer, nie net oor hulle nie regverdig in sport kan meeding nie.

F ·

Red nou ‘n volk. Sulke uitlatings soos hierbo getuig van oningeligtheid. Daar is in die laaste tyd baie gepraat met deskundiges op hierdie gebied en daar is volgens hulle wel goeie redes waarom die IAAF verkeerd is. Die hofuitslag is daarom aanvegbaar. Dit is nie net Caster wat hierdeur geraak word nie. Miskien moet julle die rubriek oor patriotisme lees en dan opstaan teenoor onregverdigheid.

Mimi ·

Wees regverdig teenoor ALLE deelnemers, net soos n onder 10 atleet nie teen n onder 18 atleet kan deelneem nie net so moet almal se testosteroon vlakke min of meer dieselfde moet wees. Dis so logies soos 1+1. So of Caster se testosteroon moet verlaag word of die ander atlete moet hulle testosteroon verhoog.

Susan ·

Een van die dae hardloop sy die 800m alleen. Niemand gaan teen haar wil meeding nie.

Ls ·

Persoon F. Dit gaan nie hier oor regstegniese punte wat aanvegbaar is of nie is nie, dit gaan ook nie oor IAAF nie, dit gaan oor n basiese biologiese eienskap, wanneer is n persoon n man en wanneer n vrou. Volgens wetenskaplike navorsing oor dekades heen en algemeen as norm aanvaar deur alle volkere en die mensdom in geheel, val Caster verseker nie onder die vroue omskrywing nie. Geen hof kan daardie biologiese feite wegredeneer nie.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Equal rights …..and equal lefts.
.
.

Allan ·

As jy lyk soos ‘n man, hardloop soos een, trou soos een, het ‘n kind soos een, dan moet jy seker ‘n vliegtuig wees

Casper ·

Hulle het nou net R20 miljoen van ons belastinggeld op die atleet spandeer. As Casper wit was sou hulle dit seker ook gedoen het….. sorry die wit dame het nie span gemaak nie, want sy is wit. Hoe is daai vir rassesisme en diskriminasie van n land teen sy eie burger. Dan wil hulle nog die mense in Europa aanvat. Hulle mors on geld op snert!!!! Viva ANC

Thinus Erasmus ·

Hoop die IAAF knip ASA se appeal kort, of sommer af.

Magaretha van heerden ·

SA atletiek kan kerm soos hulle wil. Die atleet is duidelik nie n vrou nie. Enigeen met oe kan sien die liggaamsbou is die van n man. Van begin af was dit skokkend om te sien dis hoe SA vrouens lyk. Alles pure snert en tydmors. Alles gaan nie om geld en prestige nie. Die waarheid moet seevier!

JohanL ·

Hendrik dink ek lewer dalk die mees sinvolste kommentaar.

Daar is ongelukkig ook mense met 46,XY DSD – gaan lees gerus meer hieroor.

Behalwe vir chromosome is T (testosteroon) ‘n goeie aanduiding of riglyn wat gebruik word om mans atlete en dames atlete van mekaar te onderskei. Lees gerus Doriane Coleman se artikel.

Die afsnywaarde van 5 is in elk geval “billik” aangesien dit baie meer is as die gemiddelde T-vlak van ‘n dame en Caster dus steeds “grasie” gee.

Dink nie ASA het ‘n saak nie.

honourable member ·

Die persoon sal maar moet begin besluit of hy n man of n vrou wil wees en dan die nodige hormoon behandelinge kry om aan die standaarde te voldoen. Hierdie storie raak nou afgesaag. Dis so belaglik dis lagwekkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.