SA atlete sukkel steeds in Doha

Dominique Scott-Efurd in aksie. Foto: ANA.

Suid-Afrika se atletiekspan trek steeds swaar teen die wêreld se bestes by die Wêreldatletiekkampioenskap in Doha.

Dominique Scott-Efurd het darem gister vir die finaal van die 5 000 m-item gekwalifiseer toe sy haar uitdunronde in ’n tyd van 15:05,01 minute kafgedraf het.

Kenia se Hellen Obiri het die vinnigste tyd opgestapel toe sy die afstand in ’n tyd van 14:52,41 minute afgejaag het.

Die nasionale rekordhouer in die 110 m-hekkies, Antonio Alkana, se tyd van 13,47 sekondes in die semi-finaal was net nie goed genoeg om na die finaal deur te dring nie. Hy was net met 0,11 sekondes te stadig om vir die eindstryd te kwalifiseer.

In die 400 m het Thapelo Phora so amper sy persoonlike beste tyd gehardloop, maar sy lopie van 45,24 sekondes het beteken dat hy algeheel die 16de vinnigste tyd opgestapel het.

  • Suid-Afrika is sonder die dienste van Caster Semenya en Wade van Niekerk by die kampioenskap. Die blitsige Akani Simbine het darem vroeër ’n tyd van 9,93 sekondes in die 100 m-finaal gehardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

XYZ ·

Uitslae van atletiek heeltemal in lyn met die huidige standaard in Suid-Afrika. Inteendeel dit kan net nog slegter word.

Matt ·

Ja, so gaan dit waar die soustrein vol gestop word. Daar is nie fondse om behoorlike afrigting en kondisionering te bewerkstellig nie, maar dan wonder ek hoeveel kaders is in Doha!!!

aj ·

Die patetiese standaarde is ‘n duidelike mosie van wantroue in die ASA bestuur.

Dank hulle af!

As hulle nie van ‘gender-benders’ of verbode middels gebruikmaak nie … dan kom hulle nêrens!

Dis jammer dat ‘n medalje (nog) nie gereserveer word vir alle Swart mense nie?

ANC!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.