SA medaljewenners skitter in Diamantliga

Luvo Manyonga – 2017 se beste verspringafstand (Foto: African News Agency – Xinhua/Wang Lili)

Drie van Suid-Afrika se medaljewenners by die onlangse Wêreldkampioenskappe in Londen het Donderdagaand in Zürich met uithalervertonings gewys dat hulle vertonings in Engeland geen gelukskoot was nie.

Die verspringer Luvo Manyonga, die voorste atleet vanjaar in dié nommer, het met ʼn allemintige 8.49 m gewen en Rushwahl Samaai, wat brons in Londen gewen het, was tweede met ʼn beste sprong van 8.31 m.

Die twee goeie vriende is die voorste verspringers op vanjaar se wêreldranglys.

Khotso Mokoena het Donderdagaand met sy 7.13 m laaste in die verspring geëindig.

♦  Caster Semenya het in die 800 m haar seisoen onoorwonne afgesluit en die Diamantliga in die nommer met haar tyd van 1:55.84 beklink.

♦  Met die ander Suid-Afrikaners wat in Zürich deelgeneem het, het dit nie te waffers gegaan nie.

Akani Simbine het sesde in 10.10 in die 100 m geëindig met Chijindu Utha van Brittanje wat met sy 9.97 gewen het; LJ van Zyl was sewende in die 400 m-hekkies (48.07) en Wanda Nel  sesde in dié nommer vir vroue in 55.86 waar die wentyd 54.13 was.

Pieter Conradie was sewende in die 400 m in 46.45, 2.5 sekondes stadiger as Botswana se Isaac Makwala (43.95) wat gewen het.

Khotso Mokoena was saam met Manyonga-hulle in die verspring in aksie, maar het laaste geëindig met ʼn beste poging van 7.13 m.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.