Nog ʼn opkikkerbom het in Suid-Afrikaanse sportkringe gebars nadat dit bekend geword het Carina Horn, Suid-Afrika se vinnigste vroue-atleet, positief getoets het vir ʼn verbode middel (glo ʼn groeihormoon) en reeds voorlopig deur die Internasionale Atletiekvereniging se Integriteitskomitee geskors is.
Dit beteken dat sy na alle waarskynlikheid nie aan die komende Wêreldkampioenskappe in Doha, Katar sal kan deelneem nie.
Horn het verlede jaar atletiekgeskiedenis gemaak toe sy die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword wat die 100 meter in minder as 11 sekondes kon aflê.
Die 30-jarige Horn het tydens ʼn Diamantligabyeenkoms in Doha die 100 m in 10.98 sek. afgeblits. Sy het verlede maand in Madrid weer byna onder 11 sekondes gedraai toe sy die afstand in 11.01 afgelê het.
Horn het nog nie laat weet of sy haar B-monster wil laat toets nie.
* Die Springbokvleuel Aphiwe Dyanti moet binnekort verhoor word nadat hy ook onlangs positief getoets is. Dyanti het ten sterkste ontken dat hy ooit enige verbode middel gebruik het om op sy vertonings te verbeter. Sy B-monster het ook positief getoets.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Hoe flippen stupid kan mens nie wees nie!!!!! Uitgevang sal jy word!!!
Om internasionaal te presteer moet hulle iets onwettigs gebruik. Alle internasionale sportmanne en vroue gebruik een of ander hormoon of opkikker. Dis net die met die dom dokters wat gevang word!
So gaan dit as die wen en prestasie motief verafgod word en alle etiese kodes oorboord gegooi word. En nou is haar naam met n plank geslaan en loopbaan verongeluk. Ek hoop haar vorige prestasies word nie erken nie.
Skandelik.
Verstaan nie hoekom mense altyd si bitsig is nie.