Simbini wen goud in Switserland

Akani Simbine. Foto: Reg Caldecott.

Suid-Afrika se spoedvraat, Akani Simbine, het gister die 100 m by die Spitzen Leichtathletik-byeenkoms in Switserland gewen.

Sy tyd was 10,06 s.

Die Tukkie-atleet het vinniger as die Europese rekordhouer, Frankryk se Jimmy Vicaut (10,11 s), en die Ivoorkus se Arhur Cissé (10,12 s) klaar gemaak.

Dan het Ruswahl Samaai die verspring-item met sy reusesprong van 8,18 m gewen, met Zarck Visser (7,91 m) in die tweede plek.

  • Amper 25 miljoen sportgeesdriftiges het die amptelike Olimpiese webtuiste besoek om kaartjies vir aanstaande jaar se Spele in Tokio te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

aj ·

Wonderlike prestasie!

Baie geluk aan Akani Simbine en sy afrigter … ons land kort WENNERS om die algemene lae moreel te lig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.