ʼn Week voor die Statebondspele het Suid-Afrika die slegte nuus ontvang dat die land se ster-naelloper, Carina Horn, haar aan die Spele moes onttrek as gevolg van ʼn besering. Horn spog hierdie seisoen met die vinnigste tyd vir die 100 m ter wêreld.
Dié atleet van Tukkies is teleurgesteld, maar het gesê dit sal dwaas wees om die risiko te neem en die besering te vererger. Sy staan op die drumpel daarvan om die eerste Suid-Afrikaanse vrou te word wat deur die merk van 11 sekondes kan bars.
Horn het op die onlangse Suid-Afrikaanse Kampioenskap met ʼn tyd van 11,03 en 11,08 sekondes presteer.
Sy mik daarna om terug op die baan te wees tydens by die Diamantliga-byeenkoms in Doha op 4 Mei.
Die Statebondspele begin aanstaande Woensdag aan die Australiese Gouekus.