Spele gaan voort, mits …

Foto: Kazuhiro Nogi/AFP.

Amper 10 000 vrywilligers het in die afgelope paar weke besluit om nie meer deel van die komende Olimpiese Spele te wees nie.

Maar met die Spele skaars 50 dae weg, het Seiko Hashimoto, Tokio 2020-president, gesê die internasionale skouspel sal voortgaan, behalwe as die wêreldwye Covid-19-pandemie spanne verhoed om na Japan te reis.

“Indien lande se Covid-19-situasie vererger en hul afvaardigings nie die Spele kan bywoon nie, sal ons nie kan voortgaan nie. Terselfdertyd is die omgekeerde ook waar. Tensy só ’n situasie ontstaan, sal die Spele nie gekanselleer word nie,” het sy gesê.

Volgens die Johns Hopkins-universiteit het Japan meer as 752 000 positiewe Covid-19-gevalle en 13 200 sterfes aangemeld. In April het die vierde vlaag van die virus vir tot 8 000 daaglikse gevalle gesorg, maar dinge lyk sedertdien beter.

Australië se sagtebalspan is die eerste groep Olimpiese atlete wat reeds in Japan is.

Tog, te midde van die wêreldwye pandemie, word geen internasionale toeskouers by die Spele toegelaat nie, terwyl ’n peiling getoon het dat 80% van die Japanse bevolking teen die hou van die Spele gekant is.

Hashimoto is egter hoopvol dat die openbare mening begin swaai namate die entstofprogram veld wen. Ongeveer 2,9% van die Japanse bevolking is volledig ingeënt.

“Ons verneem van al hoe meer mense wat sê dat die Spele nou sal kan voortgaan.”

  • Intussen het Suid-Afrika se Caster Semenya nog tot 29 Junie kans om vir die 5 000 m by die Tokio-skouspel te kwalifiseer nadat sy weer nie die Olimpiese kwalifiserende tyd in dié item gehardloop het nie.

Semenya het die kwalifiserende tyd van 15:10:00 met net meer as 20 sekondes misgeloop toe sy die item in ’n tyd van 15:32:15 verlede week in Durban voltooi het.

Dit is egter ’n goeie verbetering op haar April-poging by die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Pretoria waar sy ’n persoonlike beste tyd van 15:52:28 gehardloop het.

Die 30-jarige atleet het haarself vroeër vanjaar tot die Europese menseregtehof gewend nadat die Switserse hooggeregshof verlede jaar beslis het dat haar 800 m-dae verby is totdat sy instem om medikasie te gebruik wat sal help om haar testosteroonvlakke te verlaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Hy Sal moet Baie vinnig verbeter voor hy Sal kwalifiseer Makers
Kom ons Hoop die tyd wat hy oor het gaan hy dit maak
Hy is as hy kwalifiseer ons grootste kans op n medalje
Lyk my nie Wayde v Niekerk hardloop die wereld tans aan die brand nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.