Terugflitsvideo: Bolt se Olimpiese heldedade

Usain Bolt het gereeld die krane by die Olimpiese Spele oopgedraai. Foto: Twitter.

Uiteindelik, nadat die wêreldwye Covid-19 amok gemaak het en ná talle slapelose nagte vir die organiseerders, spring die Olimpiese Spele vandag met die openingseremonie in Tokio weg.

Die seremonie begin om 12:50 (SA tyd) en sal onder meer op SuperSport se Grand Stand-kanaal uitgesaai word.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gister aangekondig dat Chad le Clos en Phumelela Mbande die Suid-Afrikaanse vlag tydens die seremonie sal dra.

Chad le Clos klief deur die water. Foto: Twitter.

Die 29-jarige Le Clos is saam met Tatjana Schoenmaker Suid-Afrika se groot medaljehoop in die swembad, terwyl Mbande die nasionale vrouehokkiespan se doelwagter is.

“Chad en Phumelela is inspirerende rolmodelle en ons is trots daarop dat hulle die vlag vir ons wonderlike land dra,” het Barry Hendricks, Saskok-president, gesê.

Maar is daar iets wat die Olimpiese adrenalien sterker deur die are kan laat bruis as Usain Bolt se heldedade?

Die Jamaikaanse superster het agt goue medaljes by die Spele losgeblits en in die proses verskeie rekords laat spat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.