Hierdie aankondiging is Vrydagaand tydens die afskeidsete vir die Olimpiese en Paralimpiese span by Emperors Palace in Kemptonpark, Johannesburg, gemaak. Die Spele begin op 5 Augustus.
Die 24-jarige van Niekerk is ’n sterk aanspraakmaker op die goue medalje in die 400 m-wedloop vir mans. Suid-Afrika word deur 137 atlete verteenwoordig. Dit is 12 meer as in 2012 by die Londense Spele.
Die spiesgooikampioen, Zanele Zitu, sal tydens die Paralimpiese Spele se openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag dra.
Daar word vanjaar 44 medaljes by die Olimpiese Spele van die twee Suid-Afrikaanse spanne verwag. In 2012 het hulle 35 gewen waarvan 29 deur die Paralimpiese span was.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Goeie besluit.
Awe my bru!!! Baie geluk!!!
Wayde jy sal moet uithaal en wys! Alle oe en hoop is op jou gerug.
Wees kalm, wees voorbereid en hardloop in geloof.
MAG GOD SAAM MET AL ONS ATLETE WEES!
Awe my bru!!! Baie geluk!!!
Wayde jy sal moet uithaal en wys! Alle oe en hoop is op jou gerug.
Wees kalm, wees voorbereid en hardloop in geloof.
MAG GOD SAAM MET AL ONS ATLETE WEES!
Dit is vir elke atleet die grootste eer om aan die spele te deel maar die vlag dra…..
Elke vlag het n geskiedenis en verbeeld die ID van die volk wat dit verteenwoordig.
Wat beeld die nuwe SA vlag uit, g-string, geen wonder ons het so baie verkragtings nie.
Sterkte aan die atlete.
G-string ….lag ek nou lekker. Wayde gaan maak ons trots jy kan …praat bq afr daar as jy wil skinner hoor :) Sterkte !