Wayde draf SA 200 m-rekord in Jamaika kis

Wayde van Niekerk – op koers na sy ideaal om ook die 200 m by die Wêreldkampioenskap te wen (Foto: @WaydeDreamer, Twitter)

Wayde van Niekerk, Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in  die 400 m,  het Saterdag die Suid-Afrikaanse 200 m-rekord by ʼn byeenkoms in Jamaika verbeter.

Sy tyd was 19.84 s. Dit verbeter Anaso Jobodwana se rekord van 19.87 s wat in 2015 by die Wêreldkampioenskap in Beijing opgestel is. Van Niekerk se doelwit om die 200 m en die 400 m by vanjaar se Wêreldkampioenskap te wen, lyk goed op koers.

♦  Die byeenkoms, die Racers Grand Prix, was ook Usain Bolt se laaste byeenkoms voor ʼn tuisskare. Hy het in 10.03 s gewen. Die tweede plek is deur Minzie JeVaughn in 10.15 ingeneem.

In ʼn ander 100 m-naelloop op die byeenkoms was Akani Simbine tweede in 10.00 s. Die wenner was Yohan Blake in 9.97 s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.