Wayde lag-lag deur in 200 m, maar diskwalifikasie keer SA driekuns

Daniel Talbot en Wayde van Niekerk net duskant die wenstreep in hulle 200 m-uitdun (Foto Facebook World Athletic Club)

Een, twee, drie van Suid-Afrika … Nee, toe net twee.

Dit was Maandagaand die geval in die 200 m-uitdunne vir mans by die Wêreldkampioenskap toe al drie Suid-Afrika se atlete in hulle onderskeie uitdunne vir die halfeindronde gekwalifiseer het.

Maar toe is die 19-jarige Clarence Munya gediskwalifiseer nadat bevind is hy het om die draai op ʼn lyn getrap. Hy was derde oor die eindstreep in sy uitdun.

♦  Wayde van Niekerk en Akani Simbine het soos verwag is na die halfeindronde deurgedring en het albei teen die einde die pas verslap. Van Niekerk en die VK se Daniel Talbot is al laggende langs mekaar oor die wenstreep toe hulle heelwat voor die res van die uitdun se deelnemers by die wenpaal aangekom het.

Van Niekerk het 20,16 s aangeteken en Simbine het met 20,26 in die tweede plek in sy uitdun oor die wenstreep gehardloop.

♦  Caster Semenya hardloop Maandagaand (22:50) in die finaal van die 1500 m.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gawie ·

Wat help dit nou. Daar is nog ‘n SA atleet in die 100m ook gediskwalifiseer omdat hy te vinnig weggespring het. Lekker vakansie vir party van die atlete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.