Zenéy wys haar staal in Jakarandastad

Zenéy van der Walt. (Foto: GB Jordaan)

Zenéy van der Walt het tydens die eerste ronde van Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Grand Prix-reeks in Pretoria met ʼn kragvertoning vorendag gekom.

Die 22-jarige atleet – wat vir haar oor-die-hekkie-seil-vaardighede bekend is – het dié keer amok in die 400 m gemaak toe sy die item in ʼn spogtyd van 50.81 sekondes gewen het.

Sy het terstond vir die Wêreldkampioenskap gekwalifiseer wat Augustus in Boedapest aangebied word.

Die opwindende oudatletiekster van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is ook verwant aan Jan Hendrik van der Westhuizen, Suid-Afrika se eerste sjef wat ’n Michelin-ster ontvang het.

Van der Westhuizen het vroeër vir Maroela Media gesê dat hy baie trots op sy vinnigste familielid is.

“Sy is nou weliswaar nie ’n Van der Westhuizen nie!” het hy geskerts.

“Maar die ‘Van der’ in die ‘Van der Walt’ is klaar genoeg sodat ek baie trots kan rondloop en vir almal van haar vertel. Sy is nie net ’n ongelooflike atleet nie, maar ook ʼn fantastiese mens. Altyd positief en met ’n groot glimlag.”

Kenia se Ferdinand Omanyala. (Foto: Photo/Foto)

Dan het Kenia se Ferdinand Omanyala sy spiere in die 100 m gebult met sy goeie lopie van 10.12 sekondes.

Die 27-jarige naelloper is die Afrika-rekordhouer in dié item nadat hy destyds die afstand in 9.77 sekondes afgeblits het.

Benjamin Richardson was tweede oor die wenstreep met sy tyd van 10.33 sekondes.

  • Uitslae:

100 m (vroue):

  1. Phindile Kubheka: 11.81 sekondes
  2. Reabetswe Moloi: 11.86 sekondes
  3. Tsoane Sebele: 11.96 sekondes

100 m (mans):

  1. Ferdinand Omanyala: 10.12 sekondes
  2. Benjamin Richardson: 10.33 sekondes
  3. Rivaldo Roberts: 10.34 sekondes

200 m (vroue):

  1. Tsoane Sebele: 23.92 sekondes
  2. Kayla le Grange: 24.00 sekondes
  3. Bongiwe Mahlalela: 24.09 sekondes

200 m (mans):

  1. Sinesipho Dambile: 20.43 sekondes
  2. Armand du Plessis: 20.49 sekondes
  3. Eckhart Potgieter: 20.55 sekondes

400 m (vroue):

  1. Zenéy van der Walt: 50.81 sekondes
  2. Line Kloster: 52.15 sekondes
  3. Marlie Viljoen: 52.25 sekondes

400 m (mans):

  1. Abderrahman Samba: 45.37 sekondes
  2. Zakhiti Nene: 45.59 sekondes
  3. Tumisang Shezi: 46.27 sekondes

100 m-hekkies (vroue):

  1. Marioné Fourie: 13.01 sekondes
  2. Kayla van den Berg: 13.76 sekondes
  3. Chané Kok: 13.79 sekondes

Marioné Fourie seil oor ’n hekkie. (Foto: GB Jordaan)

110 m-hekkies (mans):

  1. Mondray Barnard: 13.97 sekondes
  2. SW Nel: 14.05 sekondes
  3. Tshepo Lefete: 14.24 sekondes

400 m-hekkies (vroue):

  1. Taylon Bieldt: 56.55 sekondes
  2. Gezelle Magerman: 57.35 sekondes
  3. Anje Nel: 58.35 sekondes

400 m-hekkies (mans):

  1. Wiseman Were: 49.23 sekondes
  2. Sabelo Dhlamini: 50.01 sekondes
  3. Constant Pretorius: 50.48 sekondes

Hoogspring (vroue):

  1. Michelle Ngozo: 1,72 meter

Verspring (mans):

  1. Thapelo Monaiwa: 8,12 meter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.