Aussie Ope: Tomic maak nóg vyande in die media

Bernard Tomic maak nóg vyande. (Foto Twitter @7Sport)

Enige sportman of -vrou is sy eie grootste vyand wanneer sy kop die dag uitrafel.

Die omstrede Australiese tennisspeler Bernard Tomic, wat as junior drie keer die Orange Bowl-toernooi, benewens die junior Grand Slams die meeste gesogte toernooi, en twee junior Grand Slams gewen het, kon nie Sondag die kwalifiserende rondes van die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne oorleef nie.

Tomic, wat al verskeie kere met die gereg gebots het, is met 6-1, 6-7(7), 6-4 deur die Italianer Lorenzo Sonego geklop.

En wat sê Tomic ná die tyd sarkasties aan die media toe daar aan hom gevra is wat hy nou gaan doen?

“Ek gaan geld tel, dis al wat ek gaan doen. Ek gaan my miljoene tel.”

En om dit in te vryf, sê hy voorts: “Gaan doen jy wat ek gedoen het (op die baan). Totsiens,” en toe storm hy uit.

♦  Afgesien van Tomic, het verskeie ander Australiese spelers soos Priscilla Horn, John-Patrick Smith en Bradley Mosely ook in die stof gebyt.

♦  Die hooftoernooi  begin vroeg Maandagoggend (02:00).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jan ·

Hierdie is ‘n ou wat dalk groter as Federer kon wees, maar iemand, mense het hom versaak. Watter ander tennisspeler as junior kon sy prestasies ewenaar. Ek dink hy is verward, hy is kwaad vir homself, die wereld. Hier is baie dieper dinge om oor na te dink en uit te leer om hoe na ons jeug om te sien.

Jip ·

Stem goeie punt!
Hy wil die afskuwelikke bullebakke mense wys wat hom gereeld met woorde sny hy voel vere! Sielkundig het die lot hom geknak en sy traak my nie agtigge woorde is n broos beskermings meganisme, en dit wys in sy spel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.