Barrett wen wedstryd vir Hurricanes

Beauden Barrett se strafskop het die wedstryd vir die Hurricanes gewen. Foto: Twitter.

’n Strafskop in die 80ste minuut van die wedstryd het gesorg dat die Hurricanes die groot Nieu-Seelandse derby teen die Highlanders gewen het.

Met die telling op 22 elk het die Hurricanes aanval ná aanval op die Highlanders se doellyn geloods, maar sonder sukses.

Maar die Highlanders het ’n fout gemaak rég voor die pale op die 22 m-lyn en die All Black-losskakel Beauden Barrett het koelkop gebly om die wedstryd vir die ’Canes te wen.

Voor dit het Ngani Laumape twee drieë vir die wenspan gedruk, terwyl Aaron Smith, Sio Tomkinson en Liam Coltman vir die doedelsakblasers se drieë verantwoordelik was.

O ja, hulle het die drie – wat die telling 22 elk gemaak het – in die 71ste minuut van die wedstryd gedruk ná ’n briljante opbou deur die ’Canes se agterlyn.

Die Hurricanes is eerste op die Nieu-Seelanders se punteleer en dit is die derde keer vanjaar dat hulle die wedstryd laat in ’n kragmeting wen.

 

Puntemakers:

Hurricanes: Drieë: Ngan Laumape (2), Ben Lam. Doelskoppe: Beauden Barret (2). Strafskoppe: Barret (2).

Highlanders: Drieë: Aaron Smith, Sio Tomkinson en Liam Coltman. Doelskoppe: Marty Banks (2). Strafskop: Josh Ione.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Die Hurricanes was onderdruk voorlangs en was gelukkig om die een deur te trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.