‘Blaze’ kan ook pypkan!

Rudolph Ingram is net so tuis op die voetbalveld, as op die atletiekbaan. Foto: Facebook.

Rudolph Ingram is ’n jong internetsensasie ná ’n video van hom op sosiale media versprei is waar hy die 100 m in 13.48 s afgeblits het.

Hy kan ook ’n 60 m-lopie in ’n tyd van 8.49 s kafdraf.

O ja, wat dié prestasies só merkwaardig maak, is die feit dat die jong “Blaze” net sewe jaar oud is!

Hy vertel egter dat Amerikaanse voetbal sy eintlike passie is en daar is ook video’s van hom waar hy professionele spelers soos ’n wafferse David Campese van ouds pypkan.

Soos wat talle rugbypuriste jou sal sê, daar is geen plaasvervanger vir spoed nie. Dink net wat Ingram alles as linkervleuel sou kon doen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Die Leeu ·

Oulik, die laaitie wat so vinnig kan hardloop en so goed kan “side-step”. Mag hy nog groot sukses bereik met sy vernuf en talent. Wil die Bokke hom nie dalk koop nie?

Judge Dredd ·

Eerste ernstige been besering dan is al daai spoed daarmee heen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.