Bledisloe-toets: All Blacks kry neuse voor Wallabies

Nieu-Seeland se Aaron Smith paas die bal tydens die eerste van drie Bledisloe-toetse. (Foto: Micheal Bradley / AFP)

Daar is ’n paar ou wyshede in rugby wanneer jy toetsrugby teen die All Blacks speel.

Die grootste is dat jy ʼn betroubare stelskopper moet hê, dan kan jy nie bekostig om jou eie ingooie in die lynstane te verloor nie en jy moet die Kiwi’s ook keer om net voor of net ná rustyd punte aan te teken.

Dit het Australië Saterdag op Edenpark in Auckland weer besef toe Nieu-Seeland die eerste van drie Bledisloe-toetse met 33-25 gewen het nadat die All Blacks teen rustyd met 16-8 voor was.

Dinge kon so maklik anders uitgewerk het as die Wallaby-losskakel, Noah Lolesio, nie met vier van sy stelskoppe misluk het nie. Dit sou die telbord aan die rol gehou het, dit sou momentum aan die Wallabies gegee het, dit sou die druk op die All Blacks geplaas het.

Maar om drie doelskoppe en twee strafdoele (12 punte) prys te gee, is vir moeilikheid soek.

Dan het die Wallabies ook met ʼn hele paar van hul eerste lynstaaningooie verbrou om besit weg te gee.

Die telling was ook kort voor rustyd net 9-8 in die All Blacks se guns, maar toe druk die vleuel Sevu Reece ʼn drie om die rustydtelling 16-8 te maak. Die All Blacks (alle Nieu-Seelandse spanne) glo daaraan dat die slag geslaan is jy net voor of ná rustyd punte aanteken.

Toe die All Blacks kort ná rustyd ʼn skitterdrie gedruk het –­ dit is nie toegeken nie deur die televisieskeidsregter ná ʼn vorentoe-aangee­ – was die slag gelewer. Die All Blacks was vol vertroue, hulle het van hul eie doellyn af begin hardloop en die druk vierkant op die Wallabies geplaas.

Die wedstryd was in die 64ste minuut met die telling op 33-8 in die sakkie, maar die Nieu-Seelanders het momentum ingeboet toe hulle hul plaasvervangers opgestuur het.

Anders as die Springbokke se “Bomb Squad” het die plaasvervangers nie nuwe energie verskaf nie en het die Wallabies teruggeveg met drie drieë.

Punte: Nieu-Seeland 33 (16): Drieë: Sevu Reece, Richie Mo’unga, David Havili, Damian McKenzie. Doelskoppe: Mo’unga (2). Strafdoele: Mo’unga (3).

Australië: 25 (8): Drieë: Andrew Kellaway, Tom Banks (2), Jordan Uelese. Doelskop: Noah Lolesio. Strafdoel: Lolesio.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Jy moet ook die 15 beste spelers op die veld he gekies op meriete ongeag kleur of ras en net daar val die sa span uit die bus.

Peach ·

Jasper, maar het jou span, ongeag “kleur of ras” nie die Britse Leeus en Wêreld Beker gewen wen nie? Hou op met die WIT brood onder die arm kla.

MakersMark ·

Jasper – 2017 toe word die reeks tussen die gevreesde All Black en die B&IL gedeel in NZ. 2019 wen die bokke die Rugby Championship. 2019 wen die bokke die wereldbeker. En in 2021 met net 1 toets teen Georgië in 2 jaar wen die bokke die reeks teen die B&IL. So die bokke is met die huidige span en spelers “on top of the rugby world”. Die beste span met die beste spelers. Ongeag kleur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.