Werner Kok se twee drieë het gesorg dat die Blitsbokke hul Hongkong-veldtog op ’n wennoot afskop, toe hulle Japan 22 – 7 gewen het.
Tog was daar ook ’n paar benoude oomblikke – Japan het immers ’n rustydvoorsprong van 7 – 5 geniet en mens het onwillekeurig aan hul vyftienman-landgenote gedink wat vier jaar gelede teen die Springbokke hul openingswedstryd van die Rugbywêreldbeker in Engeland gewen het.
Neil Powell se span het egter in die tweede helfte vlamgevat en 17 onbeantwoorde punte aangeteken.
- Puntemakers:
Blitsbokke: Drieë: Werner Kok (2), Justin Geduld, Siviwe Soyizwapi. Doelskop: Selvyn Davids.
Japan: Drie: Siosifa Lisala. Doelskop: Katsuyuki Sakai.
- Die Blitsbokke speel môre (SA tyd) om 05:41 teen Skotland en om 09:22 teen Samoa.
- Ander uitslae:
Samoa 17 – 7 Skotland
Engeland 36 – 19 Wallis
Amerika 36 – 7 Spanje
Nieu-Seeland 40 – 19 Australië
Fidji 17 – 5 Kenia