Blitsbokke wen openingswedstryd in Hongkong

Werner Kok het twee drieë teen Japan gedruk. Foto: Youtube.

Werner Kok se twee drieë het gesorg dat die Blitsbokke hul Hongkong-veldtog op ’n wennoot afskop, toe hulle Japan 22 – 7 gewen het.

Tog was daar ook ’n paar benoude oomblikke – Japan het immers ’n rustydvoorsprong van 7 – 5 geniet en mens het onwillekeurig aan hul vyftienman-landgenote gedink wat vier jaar gelede teen die Springbokke hul openingswedstryd van die Rugbywêreldbeker in Engeland gewen het.

Neil Powell se span het egter in die tweede helfte vlamgevat en 17 onbeantwoorde punte aangeteken.

  • Puntemakers:

Blitsbokke: Drieë: Werner Kok (2), Justin Geduld, Siviwe Soyizwapi. Doelskop: Selvyn Davids.

Japan: Drie: Siosifa Lisala. Doelskop: Katsuyuki Sakai.

  • Die Blitsbokke speel môre (SA tyd) om 05:41 teen Skotland en om 09:22 teen Samoa.
  • Ander uitslae:

Samoa 17 – 7 Skotland

Engeland 36 – 19 Wallis

Amerika 36 – 7 Spanje

Nieu-Seeland 40 – 19 Australië

Fidji 17 – 5 Kenia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.