Kom ons wees eerlik met mekaar: Rieko Ioane is Nieu-Seeland se rugbybloubloed. Die 22-jarige All Black-senter het Vrydagoggend twee drieë vir die Blues in hul spogsege van 33-26 teen die Highlanders op Eden Park in Auckland gedruk en op een of ander manier kry hy dit áltyd reg om die eerste verdediger te klop.
Maar as Ioane vir die individuele briljantheid verantwoordelik was, dan het die hele Blues-span saam gewerk om dié wa deur die drif te trek. Dit was die eerste keer sedert 2016 dat die Auckland-span teen Nieu-Seelandse teenstanders kon wen.
Hulle was boonop sonder hul ander All Black-senter, Sonny Bill Williams, wat verkies het om die families van die onlangse terreuraanval in Christchurch by te staan.
Vanoggend het ’n paar foute op die aanval gesorg dat die rustydtelling tot 15-13 (in die Blues se guns) beperk was.
Soos altyd skakel Nieu-Seelandse spanne egter oor na ’n hoër rat in die laaste kwartier van enige wedstryd en die Aucklanders het die wedstryd in die 74ste minuut gewen, toe Patrick Tuipuloto ná 19 fases oorgebars het.
Die Blues is vierde op die Nieu-Seelandse punteleer met tien punte, terwyl die Highlanders in die derde plek is met hul 13 punte.
- Die Stormers speel môre om 08:35 (SA tyd) teen die Hurricanes in Nieu-Seeland.
- Puntemakers:
Blues: Drieë: Rieko Ioane (2), Melani Nanai, Patrick Tuipuloto. Doelskoppe: Harry Plummer, Otere Black. Strafskoppe: Harry Plummer (2), Otere Black.
Highlanders: Drieë: Luke Whitelock, Tevita Li. Doelskoppe: Marty Banks (2). Strafskoppe: Banks (4)
Rieko speel linker vleul nie senter nie.
Geelkaart kos Highlanders voorsprong en wedstryd.Waisake Naholo wonder seker nou nog wat hom oorgekom het om so’n laagvat uit te voer.Dit bewys maar weer dat enige kleur kaart ‘n span duur te staan kan kom veral as die punte telling wipplank ry.
As die berig vandag oor Derek Houghaard waar moet wees, hoop ek die hele wereld verguis hom, sy integriteit en dat hy geen respek vir enige vrou het nie. Ek hoop hulle los hom in die gutters!
Liefling se …. man!!!!!
https://www.youtube.com/watch?v=1kEns7KpF-g&list=RD1kEns7KpF-g&start_radio=1&t=41