Brumbies wen Aussie-derby

Die Waratahs se Israel Folau sê die Brumbies se Joe Powell die stryd aan. Foto: Facebook.

Die Brumbies het ’n harde maar morsige affêre in Canberra gewen, toe hulle die Waratahs in ʼn geelkaartbelaaide wedstryd geklop het.

Die ’Tahs het hulle twee geel kaarte (Sekope Kepu, Harry Johnson-Holmes) op die hals gehaal, terwyl hul Aussie-stelskopper, Bernard Foley, ook glad nie sy skopskoene aangehad het nie.

Foley het uiteindelik met drie stelskoppe misluk.

Vir die Brumbies het hul haker, Folau Fainga’a, twee drieë gedruk terwyl ’n strafdrie ook aan hulle toegeken is.

Die Brumbies wen dus die Dan Vickerman-trofee en verstewig sodoende hul tweede plek op die Aussie-punteleer.

Hul sege kom egter teen ’n prys – Rob Voletini het vroeg in die tweede helfte ’n kniebesering opgedoen en hy kan weer vir ’n hele ruk langs die kantlyn wees.

Brumbies 19 – 13 Warratahs

Puntemakers:

Brumbies: Drieë: Folau Fainga’a (2), strafdrie. Doelskoppe: Christian Lealiifano (2).

Waratahs: Drieë: Michael Hooper, Alex Newsome. Strafskop: Bernard Foley.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.