Bulls is vanjaar die beste SA span

Twee hardebaarde op die aanval: Schalk Brits en Duane Vermeulen. Foto: GB Jordaan.

Die fluisterstemme is besig om op te bou tot ’n crescendo: Dit lyk of die Bulls vanjaar die Superrugby-septer gaan swaai. Of altans onder die Suid-Afrikaanse spanne.

Handré Pollard se manne het weer eens ’n vyfstervertoning gelewer om die Sharks op Loftus Versfeld in Pretoria te stamp.

In hul superheld-truie was die Pretorianers so te sê onstuitbaar om die Durbaniete in elke faset van die spel te oorheers. Pollard het weer sy troepe soos ’n veldmaarskalk bestuur en het gelei op ’n manier waarvan skoolspelers net kan droom: deur sy voorbeeld.

Die 26-jarige losskakel se spelpeil is tans uit die boonste rakke en hy het 22 van sy span se punte aangeteken, waaronder ’n woer-woer-skepskop.

Dan verdien Rosko Speckman ’n plek in die Springbokke se wêreldbekerspan. Sy dartellopies is werklik toorkuns en hy het met sy vaart die Sharks gereeld laat les opsê. Hy het welverdiend twee drieë gedruk en “Speckmagic” is deesdae ’n gevreesde naam.

Hardebaarde soos Duane Vermeulen en Schalk Brits was ook vishoeke in die Sharks se vinne en hulle speel tans klipharde rugby.

Buiten die feit dat die Sharks glad nie opgewasse teen die Bulls was nie, was hulle ook hul eie grootste vyand. Swak hanteerwerk – soos érnstige swak hanteerwerk – en besluiteloosheid op die aanval het hul kanse om die wedstryd te wen gekelder.

Ja, Jeremy Ward het net ná rustyd ’n drie gedruk om die Sharks-droom van herlewing tydelik te laat opvlam, maar sekondes later het Speckman die vlam geblus met die eerste van sy twee drieë.

Die Superrugby-toernooi word nie in Maart gewen nie. Maar die Bulls is tans Suid-Afrika se beste span. By verre.

  • Puntemakers:

Bulls: Drieë: Jessie Kriel, Rosko Speckman (2). Doelskoppe: Pollard (2). Strafskoppe: Pollard (5). Skepskop: Pollard.

Sharks: Drieë: Jeremy Ward, Daniel du Preez. Doelskoppe: Robert du Preez (2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

69 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alwyna

Supertrots op die BULLE!

Valerie

Die SA siekte: praat te vinnig.

LHS

Dit is nou een uiterste swakpunt in alle Afrikaanse media, as n speler toevallig iets regkry moet hy reeds n springbok word. Te veel jong spelers is al opgemors omrede die media te veel en te vinnig van sodanige spelers wil skryf. Wat het Speckman verlede week teen die veteraan Combrinck van die Leeus reggekry, niks, absoluut niks. Waar is die superheld van die Stormers sover, Willemse, nie iets om oor huistoe te skryf. Selfde het gebeur met Bosch van die Sharks en so kan talle name genoem word, te vinnig probeer ryp druk deur die media, emosioneel nie gereed… Lees meer »

willie

Valerie eindlik verdien jou negatiewe opmerking nie kommentaar nie, daarom bly ek nou stil!

rollie

Sover het hulle 2 tuiswedstryde teen SA spanne gespeel. Mens verwag normaalweg dat ‘n span sy tuiswedstryde sal wen. Wanneer kom haal hulle hul pakslae op Nuweland?